• Tuisblad
  • Sake
  • ‘As SAL nou verkoop word, sal staatskas inplof’
u2018As SAL nou verkoop word, sal staatskas inplofu2019
u2018As SAL nou verkoop word, sal staatskas inplofu2019

‘As SAL nou verkoop word, sal staatskas inplof’

Die lugdiens se skuldlas is aansienlik en word deur die staat gewaarborg.
Lameez Omarjee, Fin24 – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is so swaar met skuld belaai dat om dit nou te verkoop sal beteken sy skuld moet dadelik terugbetaal word. Dit kan die staatskas laat inplof, het pres. Cyril Ramaphosa gewaarsku.

Hy het Dinsdagmiddag in vraetyd in die parlement gesê dit is problematies om die SAL te sluit.

Dit kom nadat Mmusi Maimane, DA-leier, daarop gewys het dat dit lyk of Tito Mboweni, minister van finansies, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, verskillende sienings oor die SAL se toekoms het.

Mboweni het vroeër daarop gesinspeel dat die staatslugdiens geprivatiseer kan word, en in sy mediumtermynbegroting het hy gesê daar is geen “heilige koeie” onder die staatsondernemings nie.

Gordhan het op sy beurt die SAL-direksie opdrag gegee om die lugdiens ste finansies te stabiliseer.

“As jy sê ons moet die SAL vandag verkoop, sal ons nie enige waarde daarvoor kry nie,” het Ramaphosa verduidelik.

Die SAL se skuldlas is aansienlik en dit word deur die staat gewaarborg. “As ons dit moet sluit, beteken dit die skuld word onmiddellik betaalbaar. Die onmiddellike betaling van daardie skuld het ’n impak op die skuld van al die ander staatsondernemings, en dit kan die staatskas laat ineenstort.”

Die toekoms van die lugdiens is verbind aan hoe dit gestabiliseer word, het Ramaphosa gesê. Een manier is om ’n strategiese aandelevennoot te kry wat die lugdiens kan help.

Eerder as om die lugdiens te sluit, is dit belangrik om eers die lugdiens te stabiliseer. Die tesourie het in die mediumtermynbegroting R5 miljard aan die SAL toegeken om sy skuld te stabiliseer.

Teen Maart volgende jaar moet die SAL R14,2 miljard van sy skuld terugbetaal. – Fin24/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A