AS-kandidate is baanbrekers
Henriette Lamprecht
Die Gevorderde Vlak (AS)-kandidate, onderwysers en skoolhoofde van 2021 is baanbrekers, skeppers van idees wat ’n nuwe weg baan.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het in ’n gesprek met onderwysers en skoolhoofde van dié leerlinge gesê die vlak en kwaliteit van inhoud op gevorderde vlak vereis vindingrykheid, spanwerk onder onderwysers, sowel as die deel van beide materiaal en menslike hulpbronne.
“Dit vereis ’n strategie, om uit die boks te dink, terwyl ons uit ons gemaksones beweeg. Dit is ’n geveg wat ons net moet wen,” het sy gesê.
Een manier om ’n uitdaging te oorbrug, is om dit in kleiner eenhede op te breek. Volgens die minister kan dit insluit om die sillabus te ontleed in terme van dit waarmee die onderwyser bekend is en wat nuut is en hoe om ’n nuwe skakel te vind met dit wat die onderwyser reeds weet.
“Dit help ook as die onderwyser ontledend kyk na leerlinge se individuele vlakke, beide as ontvangers van kennis en ook as hulpbronne vir doeltreffende onderrig.”
Nghipondoka het gemaan die ontwikkeling van onderwysers se vaardighede vereis spanwerk, betrokkenheid, eienaarskap, verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid.
Sy het gesê die ministerie is deeglik bewus van tekorte in hulpbronne in sommige van die skole.
“Selfs met hierdie werklikheid, as ons geïnspireer is om die ekstra myl te stap, gaan ons as ’n ministerie en in veral skole innoverende maniere vind om die hoogste piek te bereik met die min wat ons het.”
Wat ook al die leerlinge vanjaar bereik, het Nghipondoka beklemtoon, gaan óf ’n negatiewe óf ’n positiewe tendens skep, leerlinge motiveer al dan nie en dit gaan of vertroue by die groter gemeenskap skep oor die Namibiese onderwysstelsel en pogings om dit te verbeter. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie