‘As ek my oë toemaak, sien ek haar’
Denver Kisting – ’n Polisiebron na aan die ondersoek van die gruverkragting van ’n twee weke oue meisietjie van Rehoboth sê sy kry nie geslaap nie. “As ek my oë toemaak, dan sien ek die kind voor my.”
Dié ervare beampte, wat oor meer as twee dekades se ervaring beskik, het Maandag aan Republikein gesê dié is die jongste verkragtingslagoffer met wie sy ooit te doen gehad het.
Ten tye van haar dood was haar geboorte nog nie geregistreer nie.
Dít moes toe gedoen word sodat haar dood geboekstaaf kon word.
Sy is op 26 Junie gebore en was haar 20-jarige ma se eersteling.
Die ma was ten tye van die beweerde voorval teenwoordig.
Die meisietjie is verlede week op Rehoboth dood nadat haar pa haar na bewering verkrag het.
Sy word Donderdag op haar geboortedorp begrawe.
Na wat verneem word, word ’n optog teen die gruvoorval vir Donderdag beplan.
Polisievroue en vroue uit die gemeenskap sal na verwagting deel van die optog wees.
Die pa, mnr. Gert Skrywer (26), het Maandag in die Rehoboth-landdroshof op aanklag van moord en verkragting verskyn.
Hy het glo eers met die baba se ma en toe met haar seks gehad.
Die ma het vroeër na die pa se huis gegaan om by hom geld vir weggooidoeke te vra.
Ná die beweerde voorval het die ma glo die kind na haar huis geneem waar die meisietjie toe dood is.
Die ma het na verneem word eers dae later met inligting na vore gekom oor dit wat volgens haar gebeur het.
Skrywer se saak is tot 22 September vanjaar uitgestel.
Hy bly in aanhouding nadat die staat suksesvol borgtog teengestaan het. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie