As ek maar net kop kan hou
As ek maar net kop kan hou

As ek maar net kop kan hou

Mandy Rittmann
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Ag toggie tog, as ek maar net kop kan hou,

as alles om my heen vergaan,

Die pad het ek mos voorheen geloop,

ken die ingang, maar ook die uit,

Die afgrond is nie meer so vêr,

maar hulle wil nie hoor,

hulle wat wel hoor wil nie roer,

Soos voorheen sal hul als verloor,

en “iemand” blameer daarvoor,

Hoe tog kan ek op die mens vertrou?

al lees hy ook uit God se Boek.

Al dra hy ook die donker rok.

As ek self soms nie weet hoe my gedagtes te vertrou,

Dog daar bestaan wel; “self uit Die Rots te drink”,

maar asseblief Hom nie te knou,

As ek die braak fontein uit myself of elke ander man wil drink.

Sonder twyfel wil vertrou,

hoe groot is die voorsiening wat ek dan moet maak?

as ek sy geldmotief nie durf vertrou,

Dan tog maar ook voorsiening vir hulle eie twyfel maak;

As daar nog tyd is om wag te staan; dan staan.

moet net nie moeg word deur te wag en sien,

Of daaroor gelieg te word,

Maar onthou tog net om nie self, met leuenmotief te handel nie,

Om gehaat te word wag op jou,

moet net nie self plek maak vir haat nie,

want as jy aan hom sitplek bied,

Boeta dan kry hom nie gou weer uitgesit,

Hy sit dan sy sit.

Dit sal geen goed voortbring nie,

En praat maar ook nie te wys nie,

Wysheid word selde ingenooi of raak gesien,

Die leuen al loop dit ook hoe snel en kom dit ook van vêr,

is beter na te sit. So word daar ook gesê.

Kommentaar

Republikein 2026-07-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer