Artefakte van tot 4 000 jaar oud in gletsers wat smelt
Gletsers wat smelt weens klimaatsverandering lê nou artefakte en ander items van honderde jare, selfs duisende jare gelede bloot.
In die berge van Oppland in Noorweë is argeoloë besig om sistematiese opnames te doen in gebiede waar daar tot 4 000 jaar gelede net ys was, maar nou nie meer nie.
In die jongste uitgawe van die vakjoernaal Royal Society Open Science skryf kenners verbonde aan die Universiteit van Cambridge, wat deel is van die studie, hoe 2 000 artefakte al gevind is.
Dit sluit in wapens, klere, skoene, velle, pylpunte en ander organiese materiaal uit die Yster- en Bronstydperk wat andersins nooit bewaar sou gebly het nie. Die koue help om items wat van vel of materiaal gemaak is te bewaar.
Radiokoolstofdatering is al gedoen op 153 van die items, wat wissel van 4 000 jaar tot ’n paar eeu gelede. Dit is moontlik dat daar nog ouer artefakte was, maar dat dit reeds verlore is.
Die invloed van die Vikings, die pes, jagterversamelaars en landbou kan onder meer gesien word.
Daar was veral baie mense in die gebied tussen die 8ste en 10de eeu, in die tyd voor die Vikings begin het om te migreer en handel toegeneem het.
Ná die 11de eeu het mense ook aansienlik minder met ’n pyl en boog begin jag (veral takbokke) en saam in groepe gejag –soos om diere in groot valkuile in te jaag. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie