Aron se boerewors is koning
Topdrie aangekondig
Tanja Bause
Mnr. Hosea Aron (45) is as die land se nuwe boereworskoning bekroon.
Hy is die wenner van die tiende jaarlikse Shoprite en Checkers Kampioenboerewors-kompetisie.
Sy worsresep en Namibië se nommer een boerewors is reeds in al die winkels oor die land heen beskikbaar en sal vir 12 maande op die rakke bly.
“Ek het al ses keer ingeskryf en dié keer het ek gewen. Ek is baie trots op myself. Die belangrikste vir 'n perfekte wors is die speserye en die regte verhouding tussen vleis en vet,” het hy gesê.
Aron werk as 'n slagter by Checkers in die Maerua-inkoopsentrum.
Die tweede plek is deur mnr. JJ Kisting (32) ingepalm. Kisting is 'n stoorman by Rabe's Body Repair en kook by die huis saam met sy familie as 'n stokperdjie.
“Dit is die tweede keer dat ek ingeskryf het. Ek sal beslis volgende jaar weer probeer, want ek wil my wors op die rakke sien. Ek wil hoor hoe sê die mense ek soek JJ se wors,” het hy gesê.
In die derde posisie is me. Marth Ngegapo (28), 'n sjef en die vrou van dié jaar se boereworskoning.
“Ons het by die huis saam aan ons resepte gewerk. Ons het mekaar se resepte geproe en veranderinge voorgestel en gemaak. Ek het laas jaar ook ingeskryf en wou glad nie vanjaar inskryf nie, maar Hosea het my aangemoedig en oortuig om in te skryf en nou is ek baie dankbaar hy het.” Die wenners het koopbewyse van Shoprite en Checkers gewen wat hulle ook by enige van dié groep se Money Markets kan gebruik vir onder meer die betaling van munisipale rekeninge, Multichoice-dienste, die koop van bus- of vliegtuigkaartjies.
“Ek is baie dankbaar vir die koopbewyse; ek kan nie wag om vir my ma, familie en kinders inkopies te gaan doen nie,” het Marth gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie