Armste leerlinge deur toe skole geraak
Die gevolge van kinders wat geen aanlyn onderrig gehad het nie, gaan nog vir dekades in ekonomieë en gemeenskappe gevoel word.
Henriette Lamprecht
Ten minste ’n derde van die wêreld se skoolkinders, Namibië ingesluit, het geen toegang to aanlyn onderrig wanneer skole toe is nie.
Tuis keer graad 0- tot 9-leerlinge Maandag ná vyf maande weer terug na die skoolbanke, terwyl vroeë kinderontwikkelingsentrums ook open.
Unicef maan in ’n nuwe verslag oor die impak wat toe skole op leerlinge het, kinders uit die armste huishoudings en dié wat in landelike gebiede woon, word die ergste geraak.
Wêreldwyd het tot 72% van leerlinge in lande se armste huishoudings nie toegang tot aanlynonderrig nie. Driekwart van kinders in landelike gebiede wêreldwyd het geen toegang tot aanlynonderrig nie.
Unicef se Reimagine-veldtog vra vir dringende beleggings om die “digitale kloof” te oorbrug en sodoende elke kind se toegang tot aanlynonderrig te verseker. Meer belangrik is egter die veilige heropening van skole in Namibië.
Dit is ’n wêreldwye noodgeval dat ten minste 463 miljoen kinders se onderrig totaal deur die Covid-19-pandemie ontwrig is, sê Unicef se uitvoerende direkteur, me. Henrietta Fore.
“Vir dié kinders was daar nie so iets soos aanlynonderrig terwyl skole toe was nie. Die gevolge hiervan sal nog vir dekades in ekonomieë en gemeenskappe gevoel word,” het sy gesê.
Tydens die hoogtepunt van wêreldwye inperkings is sowat 1,5 miljard kinders geraak.
Die verslag het gefokus of aanlynonderrig wel leerlinge bereik het en wat die beskikbaarheid van tuisgebaseerde tegnologie en hulpmiddels vir primêre en sekondêre leerlinge was. Data is van 100 lande ontvang en sluit in toegang tot televisie, radio en internet, sowel as die beskikbaarheid van die leerplan op al hierdie platforms.
Unicef waarsku hoewel die inligting in die verslag ’n donker prentjie skets, is die situasie waarskynlik veel erger.
Skoolkinders in sub-Sahara Afrika waar die helfte van alle leerlinge nie met aanlynonderrig bereik kan word nie, word die ergste geraak.
In Oos- en Suidelike Afrika het 49% geen toegang tot aanlynonderrig nie, wat op 67 miljoen kinders neerkom. In Wes- en Sentraal-Afrika is dit 48% en 54 miljoen kinders wat geraak word. Wêreldwyd is dit 31% en 463 miljoen kinders.
Die verslag sê kinders uit die armste huishoudings en die wat in landelike gebiede woon, word verreweg die ergste geraak.
Wêreldwyd bly 72% van skoolkinders wat nie toegang tot aanlynonderrig het nie, in hul betrokke lande se armste huishoudings. In hoër-middelinkomstelande is dié betrokke skoolkinders 86%.
Die verslag maan dit is jong kinders wat met aanlynonderrig tydens die mees kritieke jare van onderrig en ontwikkeling aan die kortste ent trek.
Sowat 70% van pre-primêre skoolkinders (120 miljoen kinders) kan nie aanlyn bereik word nie en bevind hulle grootliks weens onder meer ’n gebrek aan programme in dié kategorie.
Ten minste 29% van primêre skoolkinders (217 miljoen kinders) kan nie bereik word nie, met 24% (78 miljoen) in die junior sekondêre fase. In die senior sekondêre fase is dit 18% of 48 miljoen kinders.
Unicef doen ’n beroep op regerings om ondersteunende onderrig deel van skole se heropeningsplan te maak om op verlore onderrigtyd in te haal. Skole se beleidsrigtings en praktyke moet ook toegang tot onderrig uitbrei, aanlynonderrig ingesluit en veral vir gemarginaliseerde groepe. Onderwysstelsels moet ook aangepas en gebou word om weerstandig teen toekomstige krisisse te wees.
Unicef het nou saam met die Namibiese regering deur die ministerie gewerk om dit ’n prioriteit te maak om skole te heropen.
In gevalle waar dit nie moontlik is nie en veral in streke wat ’n oplewing in Covid-19-gevalle het, ontwikkel die ministerie in samewerking met Unicef en die WHO standaardprosedures wat sal verseker die ministerie sluit aanvullende onderrig in skole se kontinuïteits- en heropeningsplanne in.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie