Ariamsvlei se doeanekantoor weens Covid-19 gesluit
Ariamsvlei se doeanekantoor weens Covid-19 gesluit

Ariamsvlei se doeanekantoor weens Covid-19 gesluit

Ronelle Rademeyer
Vragmotors na en vanaf Suid-Afrika wat van die grensposte by Ariamsvlei en Nakop gebruik maak om oor Upington te reis, is versoek om tydelik via Noordoewer en Vioolsdrift te beweeg.
Mnr. Tonateni Shidhudhu, woorvoerder in die ministerie van finansies, het vanoggend in 'n kennisgewing aan vervoeroperateurs gesê die doeane- en aksynskantoor by die Ariamsvlei-grenspos sluit vandag en sal eers môre heropen.
Dit is 'n voorsorgmaatreël aangesien iemand daar positief getoets het vir Covid-19 en die kantoor ontsmet moet word.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer