Argeolou00eb vind deel van antieke standbeeld
Argeolou00eb vind deel van antieke standbeeld

Argeoloë vind deel van antieke standbeeld

Egipte
NAMPA
Argeoloë in Egipte het die kop gevind van 'n houtstandbeeld wat waarskynlik van ‘n vroulike regent gemaak is wat meer as 4 000 jaar gelede regeer het.

Sy was Ankhesenpepi II, die ma van koning Pepi II wat die troon op die ouderdom van ses jaar bestyg het.

Die ministerie van oudhede het gister in ‘n verklaring gesê die artefak is in die Saqqare-distrik na aan die antieke piramides van Giza gevind. Volgens die ministerie is die gedeelte van die standbeeld wat gevind is, in ‘n swak toestand en moet gerestoureer word.

Vroeër in Oktober het argeoloë op dieselfde toneel ‘n obelisk gevind wat van pienk graniet gemaak is en tot dieselfde dinastie behoort het. – Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer