Argentinië se rentekoers spring tot 60%
Argentinië se sentrale bank het Donderdag die land se repokoers van 45% tot 60% opgeskuif.
Dit volg op ’n skerp daling van die peso tot nuwe rekord-laagtepunte.
Die verhoging van die repokoers, die koers waarteen die reserwebank geld aan banke leen, kom ’n dag nadat pres. Mauricio Macri aangekondig het dat hy die Internasionale Monetêre Fonds om ’n reddingsboei van US$50 miljard gevra het sodat die land genoeg kontant het om sy begroting vir 2019 te finansier sonder om verder in die skuld te beland.
Vroeër Donderdag het die peso tot ’n nuwe laagtepunt van 35 423 teen die Amerikaanse dollar gedaal.
Die Suid-Afrikaanse repokoers is verlede maand onveranderd op 6,5% gelaat en die Reserwebank besluit weer op 20 Desember daaroor. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie