Arbeidskommissaris moet in taxibedryf ingryp
''n Minimum loon is een van verskeie NTTU-eise om die sektor te hervorm.
Augetto Graig
Die Namibiese Vervoer- en Taxi-vakbond (NTTU) het die arbeidskommissaris genader om ''n geskil te verklaar sodat taxi-eienaars die NTTU as die eksklusiewe bedingingsagent vir taxibestuurders erken.
Volgens mnr. Werner Januarie, president van die NTTU, het die vakbond verteenwoordigers van taxi-eienaars op 10 Oktober oor die bedingingskwessie genader, maar is hulle geïgnoreer. Nou wag die NTTU vir die arbeidskommissaris se ingryping.
Januarie sê taxibestuurders geniet geen voordele nie en het dikwels nie eens kontrakte met hul werkgewer onderteken nie.
“Ons wil hê ons lede moet as werkers verklaar word en amptelike kontrakte met hul werkgewers onderteken,” het hy gesê. Die ontbreking van amptelike kontrakte beteken bestuurders in die bedryf word aan onaanvaarbare werksomstandighede blootgestel. Dikwels is dit moeilik om vas te stel wie die eienaars van spesifieke taxi''s is.
Hervorming van die bedryf het reeds tot in die parlement gedraai en geniet tans die aandag van die ministerie van werke en vervoer.
Die vakbond eis onder meer dat bestuurders van taxi''s en openbare vervoer ''n minimum loon kry. Bestuurders van sedantaxi''s behoort ''n minimum van N$4 000 per maand te ontvang, terwyl diegene wat minibusse oor lang afstande bestuur, minstens N$5 500 plus 20c per kilometer moet verdien. Iveco-bestuurders moet minstens N$8 700 plus 30c per kilometer per maand kry.
Die maandelikse minimum loon vir bestuurders van duurder pendeldienste wat die NTTU eis, is: Sedanvoertuie (N$5 500 plus 30c per kilometer), minibusse (N$7 500 plus 40c per kilometer) en Iveco-busse (N$10 300 plus 50c per kilometer).
Taxibestuurders moet maandeliks betaalstrokies ontvang, sodat hulle toegang tot krediet- en bankdienste het.
Voorts moet NTTU-lede kwytgeskel word van betaling vir boetes vir oortredings waaroor hulle geen beheer het nie, soos stukkende flikkerligte of voertuie wat onpadwaardig is.
Geen buitelander mag as ''n taxi-bestuurder in Namibië aangestel word nie, is nog een van die NTTU se eise.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie