• Tuisblad
  • Politiek
  • AR "ontbied" Amupanda, Keister om bydrae tot munispale goedkeuring te verduidelik

AR "ontbied" Amupanda, Keister om bydrae tot munispale goedkeuring te verduidelik

Henriette Lamprecht
Affirmative Repositioning (AR) sê dit het sy verteenwoordigers op die Windhoekse stadsraad, burgemeester Job Amupanda en me. Elsie Keister "ontbied" om hul gesamentlike en alleen deelname aan die goedgekeurde begroting van die hoofstad te verduidelik waarmee die party nie saamstem nie. Die AR sê dit het 'n probleem met die beweerde astronomiese toelaes wat aan raadslede betaal word en dat meer as 58% van die inkomste van Windhoek deur krag- en watertariewe ingevorder word.
"Die begroting misluk klaaglik daarin om diversifikasie in inkomste uit te lig, die voortgesette kapitalistiese stad stel meer tariewe op tariewe en belasting voor, sonder enige innovering, met geen regverdiging en bekragtiging vir die nimmereindigende verhoogde tariewe nie," sê die AR in 'n verklaring.

Kommentaar

Republikein 2025-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer