April se kuiertjie by die sangoma van die plotte
Des Erasmus - So elke dan en wan wanneer die volmaan skyn, veral wanneer die jaar sonder ‘n skrikkel kom, ontstaan met ‘n glimlag ‘n behoefte om by ‘n beweerde heldersiende man of vrou te kuier. Maar natuurlik is dit teen ‘n prys, want sommer frisse tussentydse inflasie-aanpassings word gemaak sonder om op Jan Taks se groot of aanvullende begrotings te wag.
Bettie Buurvrou vertel toe van ‘n nuweling wat hier by die plotte met sy “praktyk” begin het. Sy plek is maklik om te kry. Sy spreekkamer is ‘n veelkleurige wigwam waar nuwelinge onder die plakkers ‘n voorproe van die bestaansmoontlikhede maak. Volgens Bettie is hy nie eintlik ’n fortune teller nie, maar eerder ‘n waarsêer. Hy konsentreer op die korter termyn sodat sy klante hul seile kan span in die rigtings wat die winde gaan waai.
Sy korter termyne noodsaak ook gereelde besoeke en dus meer geld.
So word aangery en stilgehou waar baie wielspore reeds van gereelde besoekers getuig. Nogal ‘n indrukwekkende kaalvoetmens met twee wit verfstrepe onder sy oë, ‘n blou mantel om sy skouers, maar met ‘n blinknuwe Cyma-polshorlosie en ’n selfoon wat langs sy geldpot lê. ‘n Veelkleurige klein assegaaitjie klos in sy hare. Sy speelgoed is baie beentjies wat hy in ‘n kalbas skud en op die sand uitstrooi en dan ná ‘n onverstaanbare mompeling hul boodskap duideliker bring.
Hy bepaal hom by veral by die naweek wat voorlê, maar spesifiek Sondag. Daar staan sy beelde helder op sy onsigbare skerm.
Nog ‘n kabinetskommeling gaan Sondag in Suid-Afrika kom, sê hy. Al die klagte en besware teen ou Jakes Zuma gaan teruggetrek word en hy gaan weer in die kabinet opgeneem word. Hy gaan die portefeulje finansies beklee en sy raadgewers gaan ‘n span Oosterlinge uit Indië wees. Iets soos ‘n familie Outa of Goepta as die Valke hulle net raakgevlieg kan kry.
Op die gebied van beleggings gaan ‘n groot toegif vir Namibië van oorkant die Gariep kom. ‘n Onderneming met die naam Enterprise gaan met ‘n geweldige aanleg hier in die Namibiese beeswêreld kom. Hul hoofbedryf gaan Weense worsies en polonies wees met allerlei ander worse soos russians en vleissmere by. Vertakkings van hul bedryf en op dieselfde ruim perseel gaan ‘n reënboogreeks met onder meer hoenders en hoenderprodukte kom. Verwant aan die besigheid is produkte in die Tiger-reeks. Die ouens is gereed met ontsaglike en moderne toerusting en ‘n groot voorraad wat reeds vir die amptelike opening beskikbaar is.
Vir die ekonomie het hy ook ‘n brokkie slegter nuus.
‘n Verbod kom in Suid-Afrika op die invoer van houtskoolprodukte uit Namibië. Dit gaan ingestel word om hul eie ekonomie te beskerm. Redes word aangevoer. Die Kaapse droogte het miljoene wingerdstokke daar laat vrek. Die gewilde braaistompies gaan nou daar in Suid-Afrika se eie braaikole verwerk word.
Nader aan eie bodem gaan ‘n groot kompetisie Sondag vir die aanwysing van Namibië se vuilste dorp aangekondig word. Geweldige belangstelling gaan opgewek word met van die deelnemers wat blykbaar al in rye op die aankondiging wag. Vir die visbedryf gaan die verbod op pelservangste Sondag opgehef word en ereburgerskap gaan vir Chinese afgekondig word. Op die gebied van vermaak gaan Steve Hofmeyr en Julius Malema saam in die Mole optree. Vir sport gaan Suid-Afrika ‘n verbod op rugbyspelers van Namibië afkondig, omdat Springbokland self op die uitvoermark na Frankryk, Engeland en Japan konsentreer.
Dan stoot hy die metaalboksie nader vir jou daalders.
Kopskuddend word weggestap. Dit alles ja, terwyl die grootste waarhede van die Pase misgekyk word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie