Apple se baas verdien US$136 miljoen
Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple, het in 2018 sy grootste bonus nóg - US$12 miljoen – gekry.
Dit was nadat Apple ’n rekordwins gemaak het vir die boekjaar tot einde September en die maatskappy se markwaarde kortstondig tot meer as US$1 000 miljard gestyg het.
Besonderhede oor Cook se bonus is pas bekend gemaak.
Hy het in die boekjaar ’n salaris van US$3 miljoen verdien, en aandele ter waarde van US$121 miljoen is aan hom toegeken as deel van ’n tienjaar-toekenning.
Dit bring sy totale pakket op US$136 miljoen (nagenoeg R1,9 miljard) te staan.
Cook het ook byvoordele van US$682 000 gekry.
Sy bonus is gekoppel aan inkomste en bedryfsinkomste, wat albei met 16% gestyg het.
Dit lyk egter nie of Cook in 2019 wéér ’n rekordbonus sal kry nie. Apple het verlede week bekend gemaak dat verkope van iPhones in die Kersfeeskwartaal – die eerste in sy boekjaar – laer gaan wees as wat vroeër voorspel is.
AANDEELPRYS
Dié aankondiging het Apple se aandeelprys met 12% laat val.
Nog vier Apple-bestuurders het elk ’n bonus van US$4 miljoen gekry, wat hul totale vergoeding op sowat US$26,5 miljoen elk te staan bring, salaris en aandele ingesluit.
Apple se aandeletoekennings word deels gegrond op die styging in die aandeelprys, ander vestig so lank as wat die persoon in die maatskappy se diens bly.
Cook het in Augustus 560 000 aandele gekry omdat Apple beter gevaar het as twee-derdes van die maatskappye in die Standard & Poor’s 500-indeks. Vir die boekjaar tot einde September het Apple se aandeelprys ’n opbrengs van 49% opgelewer, as dividende herbelê is. Dis byna drie keer die S&P 500 se opbrengs.
Cook het Steve Jobs, medestigter, as uitvoerende hoof van Apple opgevolg in die jaar toe Jobs aan kanker dood is. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie