Apple ontwikkel glo slimbril
Apple oorweeg dit om uit te brei na digitale brille, ''n riskante maar potensieel lonende afdeling van drabare tegnologie, volgens bronne met kennis van die saak.
Hoewel dit steeds in die beginstadium is, sal die “slimbrille” draadloos verbind aan Apple se iPhones. Dit sal foto''s en ander inligting op die bril se skerm kan wys en dalk ook van aanvullende werklikheid (augmented reality) of AR gebruik maak, sê die bronne.
Hulle wil hê nie hul name moet genoem word nie omdat dit ''n geheime projek is.
As Apple wel die toestel vir verkope vervaardig, sal dit op die vroegste in 2018 bekend gestel word, volgens die bronne.
Apple is bekend daarvoor dat dit verskillende produkte en tegnologieë toets, maar dit lei nie noodwendig tot ''n handelsproduk nie.
Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple, is egter onder druk om nuwe produkte te lewer te midde van ''n verlangsaming in die verkope van iPhones, wat vir sowat twee derdes van Apple se inkomste verantwoordelik is.
Die slimbrille kan moontlik Apple se eerste produk wees wat regstreeks gemik is op AR.
Die maatskappy het al verkrygings gedoen op die gebied van AR en in Julie het Cook gesê Apple is “opgewonde oor AR op lang termyn” en dat hy groot geleenthede sien om geld daaruit te maak.
Apple se uitdaging is om al die tegnologie wat nodig is vir ''n slimbril, te verpak in ''n raam wat relatief klein en mooi genoeg is om te dra.
Google Glass, dié maatskappy se slimbril, was ''n mislukking omdat sy batterylewe te kort was, mense bekommerd was oor privaatheid en omdat dit oor die algemeen as lelik beskou is.
Dit is egter moontlik dat Apple mettertyd dié uitdagings sal kan oorkom. Die maatskappy spesialiseer daarin om tegnologie te omskep in mooi en maklik-om-te-gebruik-toestelle wat Jan Alleman wil gebruik, iets waarmee sy mededingers dikwels sukkel.
Apple het byvoorbeeld vingerafdruktegnologie vereenvoudig vir die iPhone en raakskerms vir slimfone met sy iPhone alledaags gemaak.
“AR gaan ''n rukkie duur omdat daar regtig moeilike tegnologiese uitdagings is, maar dit gaan gebeur en gewild wees, en wanneer dit gebeur, gaan ons wonder hoe ons ooit daarsonder geleef het,” het Cook in Oktober gesê.
“Soos ons vandag wonder hoe ons ooit sonder ons slimfone oor die weg gekom het.”- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie