Apple dalk die beste tegno-aandeel van 2019
Staan opsy, Netflix: Apple gaan die beste Faang-aandeel van 2019 wees, volgens die veteraanontleder Gene Munster.
Faang staan vir die tegnologiefirmas Facebook, Apple, Amazon, Netflix en Google (die akroniem is geskep voordat Google se moedermaatskappy tot Alphabet herdoop is).
Munster, van Loup Ventures, sê in die jaar wat kom sal beleggers meer op inkomste- en winsgroei fokus, eerder as op iPhone-verkope. Munster ontleed Apple nou al meer as ’n dekade.
Die maatskappy gaan volgens hom ook voordeel trek uit ’n netwerkopgradering in die VSA, dalk reeds in 2020.
Met net ’n paar handelsdae in 2018 oor, is Apple nou die groot tegnologiefirma wie se aandeel die swakste gevaar het.
Die maatskappy het wel vroeg in die jaar vir die eerste keer ’n markwaarde van $1 000 miljard gehaal, maar moes toe sy kroon as die wêreld se waardevolste maatskappy aan Microsoft afstaan.
Apple het tot dusver vanjaar nagenoeg 7% van sy markwaarde verloor.
Facebook het egter baie swakker gevaar, met ’n vryval van 24%, grootliks weens omstredenheid oor hoe hy gebruikers se privaatheid beskerm en die misbruik van die platform deur fopnuuswebwerwe.
Netflix is die Faang wat vanjaar die beste gevaar het, met ’n styging van 32%. Amazon het ook puik gevaar, met ’n styging van 26%.
Alphabet het met minder as 1% gedaal.
Munster reken Apple se sukses om verbruikers se data te beskerm, sal die maatskappy in 2019 help. Hy voorspel die Amerikaanse kongres sal in dié jaar regulasies oor die privaatheid van data opskerp.
Apple gaan na verwagting in 2019 $1,4 miljard bestee om oorspronklike TV-inhoud te skep en dalk selfs sy eie stromingsdiens bekend stel.
Munster se belangrikste voorspelling vir 2018 was dat Amazon die kleinhandelaar Target sou koop. Dit het nie gebeur nie. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie