Apple bring omstrede funksie ook na iPhone 8, X
Petrus Malherbe – Die jongste bywerking van die iOS-bedryfstelsel bring ’n omstrede funksie nou ook na die iPhone 8, 8 Plus en X.
Apple het in Desember bevestig dat hy spesiale sagteware in sy bedryfstelsel insluit wat ouer iPhones stadiger maak. Kwansuis word dit gedoen om die integriteit van die toestel te beskerm en te keer dat dit uitsny, hoofsaaklik omdat die fone se battery nie kan bybly met die meer gevorderde funksies van die nuwe bedryfstelsel nie.
Aanvanklik het Apple gesê dié programmatuur raak net die iPhone 7, wat in 2016 uitgereik is, en ouer modelle.
iOS 12.1, wat Woensdag uitgereik is, bring egter dié funksie nou ook na die iPhone 8, 8 Plus en X. Al drie dié fone is verlede jaar bekend gestel.
In ’n verklaring wat die nuwe weergawe van iOS vergesel, skryf Apple die funksie sal “minder opmerklik” wees as in vorige weergawes, danksy die “meer gevorderde ontwerp” daarvan.
Apple het ook vroeër vanjaar ’n funksie bekend gestel waarvolgens iPhone-eienaars die “gesondheid” van hul toestel se battery kan nagaan.
Onder die verstellings, gaan na battery en dan “Battery Health”. Hier kan gebruikers sien of hul foon se battery nog teen sy maksimum vermoë werk.
Indien Apple jou foon doelbewus stadiger maak weens ’n swak battery, sal dit ook daar aangedui word.
Apple bied jou die opsie om dié funksie af te skakel, maar waarsku dat jou foon dan onstabiel kan word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie