Appellante wag tien jaar vir uitspraak
Appellante wag tien jaar vir uitspraak

Appellante wag tien jaar vir uitspraak

Die verswakte gesondheid van ‘n afgetrede regter het veroorsaak dat geregtigheid ‘n lang tyd moes wag.
Estelle de Bruyn
Hofverslaggewer - Tien jaar en 20 dae nadat ‘n appèlsaak in die hooggeregshof in Windhoek aangehoor is, het die hof eers sy uitspraak gelewer.

Christopher Ryan Trethewey en Tye Brett Trethewey is op 17 November 2002 by die Mohembo-grenspos tussen Namibië en Botswana aangekeer voordat hulle deur die doeane gegaan het en van hul besittings is gekonfiskeer. Hulle het ‘n nag in aanhouding by die Mukwe-polisiekantoor deurgebring. Die volgende dag het hulle in die landdroshof op Mukwe verskyn waarna hulle vrygelaat is om te gaan.

Die twee broers het albei eise teen die Namibiese regering ingestel vir onder meer pyn en lyding en die waarde van die goedere wat gekonfiskeer is. Hul aansoeke in die hoërhof in Windhoek om vergoeding van onderskeidelik N$683 087 en N$606 880 is van die hand gewys. Hulle het hul op 5 Oktober 2006 tot die hooggeregshof gewend om appèl aan te teken. Regters Gerhard Maritz, Johan Strydom en Fred Chomba was op die bank.

Volgens die hooggeregshof-uitspraak wat deur Chomba geskryf is, het hy die verantwoordelikheid gehad om ‘n konsepuitspraak te skryf. Maritz het egter aangedui dat hy ‘n afsonderlike bydrae tot die uitspraak wou skryf en gevolglik is die finale uitspraak teruggehou.

“Dit is betreurenswaardig dat die gesondheid van ons broer (Maritz) in die tussentyd verswak het. Die situasie, wat hy deur die hoofregter oorgedra het, was dat hy op mediese advies aangeraai is teen die onderneming van uitputtende, verstandelike konsentrasie oor sake soos hierdie,” lui die uitspraak.

Gevolglik is Chompa en Strydom se uitspraak op 29 November vanjaar gelewer.

Die grootste deel van die appèl, wat eise van N$250 000 vir pyn en lyding, N$350 000 vir die skending van hul waardigheid, privaatheid en vryheid van beweging ingesluit het, is van die hand gewys.

Die twee appèlregters het egter beslis die staat is wel aanspreeklik vir die skade wat hulle gely het toe wederregtelik beslag op hul eiendom gelê is en het ‘n eis van N$60 016 toegestaan.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...