APP veroordeel slopings op Katima
Die president van die All People's Party (APP), mnr. Ignatius Shixwameni, het die sloping van wonings op Katima Mulilo in 'n verklaring veroordeel.
Shixwameni beskuldig Katima Mulilo se dorpsraad van “onmenslike operasies” en sê dit is “barbaars”.
“Ons doen 'n beroep op die Swapo-beheerde dorpsraad en die sentrale regering om onmiddellik 'n einde aan hierdie barbarisme en onbeskaafde gedrag teen ons mense te maak. Dit herinner aan die optrede van die apartheidsbedeling. Dit is suiwer staatsgeborgde terrorisme teen ons eie swart mense en moet onmiddellik en onvoorwaardelik gestaak word,” het Shixwameni gesê.
Die APP het ook 'n beroep op pres. Hage Geingob en die verantwoordelike lynministerie gedoen om onmiddellik 'n nasionale moratorium op uitsettings van mense en die sloping van mense se eiendomme te plaas, en eerder die bou van behoorlik bekostigbare huise vir mense landswyd te bespoedig.
“Laat die regering grond aan al ons mense beskikbaar stel,” sê Shixwameni.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie