APP maak reg vir verkiesing
Die All People’s Party sê hy fokus op werkloosheid, vroue, die jeug en ekonomie.
Augetto Graig - Die All People’s Party (APP) het Dinsdag sy verkiesingsmanifes vir vanjaar se verkiesings vrygestel.
Die party se sekretaris-generaal, mnr. Vinsent Kanyetu, het terselfdertyd die partylyste vir moontlike plekke in volgende jaar se parlement, asook die party se volgende sentrale koördinerende komitee bekend gemaak.
Kanyetu sê die inhoud van die manifes kom uit idees wat landswyd van partylede verwerf is. Talle kwessies word in die dokument aangespreek. Dit sluit in: Jeugbemagtiging en opleiding; sport en kultuur; korrupsie en sosioëkonomiese transformasie vir bemagtiging.
“Werkloosheid is 'n groot probleem in die land. Dit kan deur middel van landbou verminder word as streke soos Kavango en Zambezi beter benut word. Ons sal projekte skep waarmee jong mense kan boer en kos kweek om te eet en verkoop,” het Kanyetu oor die APP se planne uitgewei.
“Ons sien ook die misbruik van visvangkwotas; dit sal ons verander deur te verseker elke streek word begunstig, eerder as net enkele individue.”
Volgens Kanyetu sal sy party die tekort aan bekostigbare behuising oplos deur laekostehuise te bou. “Huispryse skiet die hoogte in weens die afhanklikheid van konsultante om ons beplanning te doen.” Ook dit sal die APP stopsit, sê hy.
Volgens Kanyetu sal die “middelmanpraktyk” in Namibië onder 'n APP-regering iets van die verlede wees.
Banke sal gedwing word om finansiering vir inwoners van informele nedersetting te verskaf om grond te kan koop en permanente strukture op te rig.
Die APP beplan ook groter en wyer ondersteuning vir sportontwikkeling, asook die bou van sportgronde om veral die jeug besig te hou en nuwe talent te ontdek.
Die invordering van belasting is 'n groot kommer vir die APP, sê Kanyetu. Onder 'n APP-regering sal veral buitelandse beleggers gedwing word om aan belastingwetgewing te voldoen. “Almal wat in Namibië besighede bedryf, sal belasting betaal.”
Ook by die Dinsdag se bekendstelling was mnr. Agapitus Hausiku, die APP-sekretaris vir buitelandse sake, en me. Petronella Steenkamp, lid van die sentrale komitee.
Hausiku sê die party beplan voorts 'n toelaag vir lae-inkomstegesinne en is gekant teen fosfaatmynbou op die seebodem, of enige ander bedryf wat die omgewing kan beskadig. Toegang tot inligting in Namibië skiet tekort, en onder die APP sal 'n wet op toegang tot inligting afgevaardig word, sê hy.
Steenkamp het oor geslagsgebaseerde geweld en die bevordering van vrouebemagtiging gepraat: "Dit is nie ons kultuur in die APP dat vroue deur mans oorheers word nie. Ons het sterk, uitgesproke vroue in die APP en ons president is baie sensitief oor geslagskwessies, wat 'n mens kan agterkom in sy voortdurende verwysings na geslagsgelykheid.”
Mnr. Ignatius Shixwameni is die APP se president, en eerste op die partylys vir die volgende parlement, asook die sentrale koördinerende komitee. Twee is op die parlementslys is mnr. Shuumbwa Nangolo, gevolg deur me. Maria Kamutali, mnr. Linus Muchila, Kanyetu, me. Joanita Kasenda, mnr. Benedictus Dindo, me. Marizka Brendell, mnr. Marcellius Haivera en mnr. Madala Nauyoma. Die volledige lys bevat 71 name van wie 35, oftewl 49%, vroue is.
Die sentrale komitee onder Shixwameni se leiding sal Nangolo as visepresident hê, met Muchila as nasionale voorsitter, Kanyetu in sy pos as sekretaris-generaal, en Kasenda as sy adjunk. Kamutali is gekies as tesourier-generaal, met Brendell as haar adjunk. Me. Tony Nowases as sekretaris-generaal van die party se vroueliga is nommer 9 op die lys, en mnr. Tangi Mike Tshilongo nommer 10. Die sentralekomiteelys bevat 76 name.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie