Apartheidswette se dae getel
Wetgewing uit die apartheidsera wat geen opbouende doel dien nie, word na verwagting binnekort weggedoen.
Denver Kisting – Talle Namibiese wette dateer uit die vorige bedeling en het ten doel het om “inheemse sake” te bestuur.
Hy gebruik met opset dié aanstootlike term om die aard aan te dui van die meeste van die wette wat herroep moet word, sê mnr. Sacky Shanghala, die minister van justisie.
Omdat Namibië ’n land is waar die oppergesag van die reg geld, moet ’n bestaande wet streng eerbiedig word, sê Shanghala. “Die wette, wat deur die wetsontwerp uitgewys is, is steeds van krag, maar kan vanweë hul rassistiese aard nie toegepas word nie.”
Dié situasie is teenstrydig met die beginsel van die oppergesag van die reg, maan hy.
Van die totale aantal wette in die land spruit 121 uit die tydperk voor die land se onafhanklikheid. Dit sluit egter net wette in wat voorsiening maak vir strawwe, en geen oordragproklammasies en begrotingswette nie.
Shanghala het laat verlede week ’n wetsontwerp in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê wat daarop gemik is om verouderde wetgewing te herroep.
Shanghala sê die toedrag van sake het die Kommissie van Regshervorming en Ontwikkeling (LRDC) genoodsaak om al 557 van die land se wette te hersien met die oog op regshervorming in onafhanklike Namibië.
Hy sê 144 is geïdentifiseer om herroep te word.
Intensiewe beraadslaging en navorsing is gedoen om te verseker dat dié proses geen leemtes in die regsraamwerk teweeg sal bring nie, sê hy.
Volgens hom is dit moontlik dat van die wette vir sommige mense sentimentele en geskiedkundige waarde gehad het.
Maar, sê hy, die wette dien nie meer ’n opbouende doel in moderne Namibië nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie