Antwoord lê dalk in SMS

Menslike oorskot wat in die duine agter Narraville gevind is, is moontlik dié van die vermiste Shannon Wasserfall.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai – Sy instink sê vir hom die persoon wat die SMS gestuur het wat tot die ontdekking van menslike oorskot in die duine buite Walvisbaai gelei het en vermoedelik dié van sy vermiste dogter Shannon Darlikie Wasserfall (22) is, weet iets.

“My instink sê vir my die persoon wat die boodskap gestuur het, weet iets. Iemand weet iets,” sê haar pa, mnr. Tega Matheus.

Die teksboodskap lui: “Comrade, ur name 4 missing ppl. Together with foreign some in defence units are working together for money. If u go to the mall and u r crossing the road to naravile, just where the roadblock is now at that intersection, to ur right behind the dune, they r leaving ppl ther if u r not obey or comply. Others they r leav near 44 rooikop. Commissioner, u r suprise 4 some of those u r walking pass everyday at some stations. Keep wake up. Im go. RP ANONYMUS. Comrade, 4 sure. The girls 4 missing r to those location. Plz to check commisioner... sum in the force r nearby area. Ur numba 4 missing ppl.”

Matheus sê toe hy die nommer bel, het die oproep nie deurgegaan nie.

Die menslike oorskot is Dinsdag in die duine agter Walvisbaai gevind.

Volgens speur-hoofinspekteur Daniel Gurirab het die polisie ’n anonieme SMS ontvang wat hulle na die presiese plek gelei het waar die oorskot gevind is.

“Die polisie het Dinsdagmiddag soos aangedui na die gebied gegaan en naby Narraville oorskot gevind wat in ’n vlak graf in die sandduine begrawe is,” het hy gesê.

Volgens die klere wat op die toneel gevind is, word vermoed dat die oorskot aan Wasserfall kan behoort wat op 10 April vanjaar uit Kuisebmond verdwyn het.

Om dit te bevestig, sal ’n ondersoek geloods word en wat ’n DNS-toets insluit om die identiteit van die oorskot te bevestig.

Wasserfall het op Vrydag 10 April omstreeks 16:00 uit Uuwangastraat, Tutaleni, vermis geraak waar sy saam met ’n vriend gebly het.

“Volgens die laaste ligging op haar foon was sy na bewering in die omgewing van Myl 4. Sy is op 14 April as ’n vermiste persoon by die polisie aangemeld. Haar vriend kan nie die klere onthou wat sy aangehad het toe sy die huis verlaat het nie,” het Gurirab vroeër vanjaar gesê.

Volgens Matheus het hy ná haar verdwyning na sy dogter gaan soek.

Sy het ’n wit kortbroek en ’n blou baadjie met haar verdwyning aangehad.

“Ek het aanvanklik in Myl 4 gaan soek, maar dit het later aan die lig gekom haar selfoon is die laaste keer by die Anchovy-toring, agter die Kuisebmond-begraafplaas, opgetel. Dit beteken egter nie dit is waar sy laaste was nie, maar dit kan wees dat die toring waaraan sy die naaste was, swak netwerk gehad en haar selfoon na die volgende, naaste toring herlei het,” het hy gesê.

Wasserfall is in Desember verlede jaar Walvisbaai toe om haar ma te besoek.

“Op die dag van haar verdwyning het sy haar seun by ’n vriendin se plek afgelaai en is sedertdien nie gesien nie. ’n Week nadat sy by haar ma gebly het, het sy by haar kêrel gaan bly, wat ook die pa van haar kind is. Sy het glo aan die vriendin waar sy haar baba gelos het, gesê sy gaan iemand by die Independence-winkel in Kuisebmond ontmoet. Die winkel is sowat 100 meter van die vriend se huis geleë.

“Haar tydlyn en inligting wat ek ingesamel het en ook selfoonrekords wys die kêrel was die laaste persoon met wie sy gepraat het. Hy het ook ’n teks aan haar suster die Donderdag gestuur, ’n dag voordat sy as vermis aangemeld is, om te sê hy kon haar nie vind nie. Rekords wys oproepe is op 8 en 9 April gemaak, maar niks op 10 April nie,” het hy gesê.

Matheus voel die polisie moes meer gedoen het om sy dogter te vind.

“Daar is baie faktore, maar daar was geen terugvoer van die polisie oor die ondersoek nie. Inligting wat hulle ontvang het, het hulle van ons weerhou. Die ontdekking wat die polisie nou gemaak het, is ook aan my en my oudste dogter gestuur. Die polisie kon hul K9-eenheid gebruik en lukrake ondersoeke gedoen het.”

Matheus het ook ’n private ondersoeker aangestel om na Darlikie te soek.

“Covid-19 en die inperking het ons planne belemmer om die ondersoek ten volle te voltooi.”

Van die gerugte wat die ronde doen, is dat die pa van Shannon se baba wat ook haar kêrel is, nou in ’n verhouding met haar vriendin wat ook die baba se peetma is.

“Ek kan nie sê dit is waar nie, maar ek het dit ook gehoor. Miskien het Darlikie ook dit gehoor en dit kon die sneller gewees het.”

Volgens hom is Darlikie nie iemand wat nie sou sê waarheen sy gaan nie.

“Sy was ’n familie-georiënteerde persoon. Ons was baie na aan mekaar. As jy na haar foto’s kyk, sal jy sien sy is saam met haar ouer suster of haar niggies en nefies. Selfs wanneer sy uitgegaan het, het sy saam met familielede gegaan. Sy was nie ’n persoon wat net sal besluit om iewers heen te gaan en niks te sê nie.”

Matheus sê Wasserfall se seun is kort ná haar verdwyning Noorde toe geneem.

“Ek het dit uitgevind toe ek saam met die ondersoekbeampte na die kêrel se huis gegaan het. Dit het voorgekom asof dit oornag gebeur het.”

Volgens hom het gerugte die ronde gedoen dat Wasserfall op Omaruru en in Windhoek gesien is.

“As ons na die getuienis kyk wat ek tot dusver bymekaargemaak het, wys dit in een rigting – iemand het speletjies met ons gespeel.”

Ná Darlikie se verdwyning het die polisie net die kêrel en die vriendin ondervra.

“Daar was geen berou van die kêrel nie. Die laaste keer wat ons mekaar gesien het, het ons baklei. Hy het ons bloot geantwoord soos hy wou.”

Die pad vorentoe vir die familie is nou om te bid dat die skuldige gevind sal word.

“Wanneer die skuldige gevind word, sal dit ons help om beter te verstaan wat met Darlikie gebeur het. Dit is egter nog te vroeg om die pad vorentoe te bepaal, omdat die forensiese ondersoek nog moet bevestig dit is my dogter. Ek is positief ons sal gou uitvind presies wat met haar gebeur het en wie vir haar dood verantwoordelik is.”

Die polisie vermoed dat die persoon wat die SMS gestuur het, moontlik weet wat gebeur het. ’n Saak van moord is in Kuisebmond geopen nadat die oorskot gevind is. Haar lêer as vermiste persoon bly egter oop totdat sy positief geïdentifiseer is.

Intussen is die saak van die vermiste Amerikaner, mnr. Mark Mokkosso, wat twee jaar gelede naby Brandberg verdwyn het, ook nog nie gesluit nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.15/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 916.90/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 980.57/OZ UP +0.65% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.15/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 916.90/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 980.57/OZ UP +0.65%