Antraks oorsaak van leeu se dood
Des Erasmus
Miltsiekte was die oorsaak van die dood van die woestynleeu XPL 98 in die Ugabvallei.
Bevestiging van die bevinding is deur 'n staatsveearts op Uis gegee nadat karkasmonsters geneem is waar op die leeukarkas naby die Ugabrivier se Tweede Moeras wes van Uis afgekom is.
Die bevestiging het gekom nadat veldwagters en bewaringsbewustes op die dooie leeu afgekom het en onmiddellik vermoed het miltsiekte (antraks) was die oorsaak van die dood. Die simptome vir hul vermoedens was bloed aan die bek en in die uitskot van die mannetjie van vyf jaar.
XPL 98 was een van 'n beweerde tien leeus in die verlate woesteny. Die res van die trop bestaan uit 'n mannetjie, twee wyfies en ses welpe van 'n geskatte een jaar.
Die bewegings van XPL 98 kon gevolg word deur middel van 'n nekband wat deur navorsers en veldwagters gebruik is om hom te monitor. Vleisvreters soos leeus doen die siekte gewoonlik op nadat aan draers van die siekte gevreet is. Die gevaar van 'n algemene besmetting in die betrokke gebied is bra skraal, met bitter min wild wat as gevolg van die droogte nog daar voorkom. In die omgewing word dan en wan op 'n paar springbokke en sebras afgekom. Nomadiese kommunale boere het in die reënlose jare met hul beeste daarvandaan weggetrek.
Entstowwe teen en behandeling van die siekte bestaan.
Ná sy dood het XPL 98 steeds internasionaal opslae gemaak. Op sosiale media word onmiddellik gegis of die verdwyning van ander leeus nie ook aan miltsiekte toegeskryf moet word nie. Die Woestynleeuprojek word ook bygesleep vir 'n beweerde traagheid waarmee opgetree is nadat die leeumannetjie stil geword het.
Die vier pote en die skedel van die dooie leeu is blykbaar ook verwyder. Vermoedelik is dit deur navorsers gedoen en veeartse het reeds gevra dat dit terugbesorg word sodat dit waarskynlik vir verdere navorsing gebruik kan word.
Miltsiekte kan ook na mense oorgedra word. Mense doen die siekte in 'n geskatte 95 persent van die gevalle op deur stukkende plekke op die vel. Die sterftesyfer weens miltsiekte wat deur die vel opgedoen word, is maar 24 persent.
Plantvretende diere doen die siekte gewoonlik op wanneer hulle op spore in die veld wei. Dit kan deur die inname van plantegroei of die inaseming wanneer die diere in die veld wei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie