Anton Goosen skryf temalied vir fliek
’n Pawpaw Vir My Darling, Jeanne Goosen se roman wat deur die rolprentmaker Koos Roets in ’n fliek omskep is, is in Augustus in Suid-Afrika vrygestel.
Dié fliek is ’n greep uit die lewe van die Beeslaer-familie van Frik du Preez-straat 24, Damnville. Dit speel af in 2003 en gaan oor hul lief en leed soos gesien deur die oë van hul straatbrak, Tsjaka (Zeus, met die stem van Tobie Cronjé), - ook die hoofkarakter en storieverteller.
Die fliek spog met ’n sterbelaaide rolverdeling. Gesoute akteurs soos onder andere Sandra Prinsloo, Marcel van Heerden, Andre Stolz, Deirdre Wolhuter, Deon Lotz, Brümilda van Rensburg, Willie Esterhuizen, Lida Botha en Marga van Rooy is maar net ’n paar van die bekendes wat kom gesig wys.
Die temalied, ’n Pawpaw Vir My Darling, is geskryf deur Anton Goosen en is in Oktober vanjaar uitgereik.
Anton vertel: “Koos Roets het my so jaar of wat gelede gevra of ek kans sien vir Pawpaw se temaliedjie. Ek het Jeanne Goosen se boek destyds geweldig geniet, veral haar humor.
Jeanne en ek is nie familie nie, maar ons hou van mekaar. Sy het haar geskeur vir die ‘statement’ destyds dat Jurie en Patricia dieselfde persoon in ‘drag’ is. En ek, toe sy my vertel dat sommige lesers haar in 1979 toe sy redakteur by ’n Afrikaanse Pretoria-koerant was (en Jors Troelie net-net mooi op die ‘map’ gekom het), gevra het ‘of sy Anton Goosen se liewe vroutjie is?’
“Toe ek die draaiboek lees, toe weet ek die ‘song’ moet wees soos ‘Boy Van Die Suburbs’ destyds - oor die zef kant van sake, maar ook patos en deernis en soos die boek, uit die hond se oogpunt, maar sonder blaf-effekte op die klankbaan. Koos het die effense “blues-feel” voorgestel.
In strook met hoe ek met onlangse opnames teruggekeer het na my eie aardse klank en selfs meer aards as ooit voorheen, het ek die temalied ook so benader. Die temaliedjie is gestroop tot op die been, selfs nadat dit opgeneem is. Vir die openingstonele het Koos gekies om die oorspronklike ‘demo’ te gebruik wat ek vir hom gestuur het. Peter Pearlson, die top klankingenieur, het die tegniese versorging en meng gedoen. Nou moet Koos Roets en Andre Scholtz my nog net 11 rolprente se temas laat skryf, dan het ek genoeg ‘songs’ om ’n nuwe laserskyf uit te reik”.
’n Pawpaw Vir My Darling is ’n verhaal van oorlewing in ’n uitsiglose bestaan, van humor en patos, van lief en leed, van vreugde en verlies, van hunkering, hoop en uiteindelike aanvaarding van ’n lewe sonder ”trimmings”.
Die fliek word op 8 Januarie 2016 landwyd deur Ster Kinekor Entertainment uitgereik en met trots ondersteun deur Vrouekeur as amptelik mediavennoot.
• Sosiale media-skakels: https://www.facebook.com/Pawpawvirmydarling en @PawpawMovie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie