Annerkant die donker rivier (deel 2)
Annerkant die donker rivier (deel 2)

Annerkant die donker rivier (deel 2)

Dani Booysen
“Hou pa van Manson?”

???

“Ek dog hy is nog in die tronk,” sê Dapperrerige Daniëltjie.

“Neeeee, pa. Marilyn Manson. Een van die bekendste shock rockers ooit,” verduidelik Hermanus Benjamin (13).

Hy wil ook weet of ek al na die Dead Kennedys geluister het. “Al iewers van die naam gehoor,” sê pagoed.

Dis nie John Fitzgerald, Bobby en John Junior nie, maar sekere heavy metal bevat diep politieke en selfs filosofiese boodskappe en intertekste.

Hiermee die tweede stel van vyf terme uit Ben se swaarmetaal-musiekskatkis.

En nee: alle metaalkoppe dra nie swart lipstiffie of is oortrek van tattoes en ringe nie. Jy hoef ook nie takhare te hê om te kopbons nie.

Gooi maar die verstand se waenhuisdeure wyd oop, al is “Boy van die suburbs” (die eerste Afrikaanse rockliedjie) of Kerkorrel se pers­waterkanonne die swaarste stop in jou musiekpyp. Al kom jy uit die era van Dirty Dancing, Baywatch en Knight Rider. “Kitt, are you ready?”



6) In die knyp

Ben gesels oor pinch harmonics en ons eindig aanlyn by 'n briljante YouTube-les deur Rob Scallon. Dis verbysterend hoe vinnig die knyp en pluk van die kitaarsnare geskied. Gaan kyk gerus self.

Vir 'n oningeligte om iets meer hieroor te sê, sal wees om jou naam met 'n groot plank te slaan.

7) Skote Petoors!

Blast beats is 'n dromstyl wat gevestig is deur death metal bands uit die vroeë jare 90. Jy kan self op die einste JouBuis gaan kyk en luister na die sketterskote.

Daar's 'n hele lys van soorte blasts, byvoorbeeld bom-, hiper en swaartekragladings (en 'n paar name wat mens nie voor kinders of in goeie geselskap sal kwytraak nie). En 'n swaartekragbom.

My voete en hande kan beslis nie so vinnig beweeg nie. En mens kry nogal bladmusiek vir die style – glo dit of nie, baie metaalkunstenaars is klassiekopgeleide virtuose.

8) Muisvalletjie

Trap rap het uit hip-hop ontwikkel en ook in swaarmetaal met kletsrymlirieke omgesit. Orkeste sluit byvoorbeeld Rage against the machine in, maar van die nuwes in die subgenre weet Dapper bitter min. 'n Ekstra les sal oor die onderwerp nodig wees.

9) Hardekwas

Goregrind is 'n mengsel van grindcore (swaarmetaal en punk uit die jare 80) en death metal. Grindcore se wortels is in Brittanje en Europa voor dit na die land van die spikkelsterbanier oorgewaai het. Gooi 'n oor vir Motörhead (vroeë voorgangers) en Napalm Death.

Waarskuwing: groei dik en welige hare op die tande . . .

10) Glansgeite

Kom ons sluit af met 'n term waarvan die uwe darem meer weet.

Glam rock het ook in Brittanje begin, in die jare 70. Roep voor die oog kêrels in noupassende, monotoon of veelkleurige lyfpakkies (weet nie of dit dieselfde materiaal is as waarvan fietsrybroekies vandag gemaak word nie) – met groot hare. Queen in hul beginjare, David Bowie, Roxy Music, Lou Reed, Suzi Quatro en dies meer.

Vandaar dan ook harder glansrock en glansmetaal. Uit pa se tyd onthou hy Def Leppard, Cheaptrick, Poison, Kiss, Quiet Riot, Bon Jovi en Van Halen. “Jump!”

Van die musiek wat die laaste dekade of drie onderdeur die brûe in die metaal- en ander musiekriviere vloei, weet Dapper so min dat hy uit ordentlikheid eerder sal swyg.



Slotnota aan ouers, onderwysers en alle ander lesers: Kom ons kruisig nie ons kinders as, of omdat hulle anders is nie. Want dan los ons hulle alleen annerkant donker riviere. Waar Skoppensboer sy kaarte kan speel nes hy wil.

Weens ons eie vrees vir die on­bekende.

PS: Dankie, Ben.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%