Annerkant die donker rivier (deel 1)
Annerkant die donker rivier (deel 1)

Annerkant die donker rivier (deel 1)

Dani Booysen
In feitlik alle kulture, letterkundes en kuns het riviere ‘n spesiale, simboliese plek.

Voorbeelde soos die reis oor die Styx na Hades is daar baie.

Sommige lesers onthou dalk die band Styx en “Don’t pay the Ferryman” van Chris de Burgh uit die jare 70 en 80. “Onheilig . . .,” sou van ons ouers daai tyd gewrewel het.

Met ‘n tiener aan huis kry jy die wonderlike geleentheid om weer die lyf en verstand in baie soorte bote te waag. Vergeet ons te maklik ons het byna almal as kinders ook “verbode” musiek (en ander goete . . .) ontdek? Sonder om “afvallig” te raak.

Swaarmetaal is tans ons knaap se gekose luistergoed. So op hierdie tweedelige reis, deel Dapperrerige Daniëltjie aan die hand van tien nuut ontdekte terme van die insigte en kwinkslae van hierdie safari saam met die Kaia des Boois se 13-jarige Hermanus Benjamin.

Dominee J, “gemeentes” en gemeenskappe: Staan vas. En sit die vooroordele eers op kas.

1) Die Swart Dood

‘n Metaalgroentjie sal eers die kopskuif moet maak na onderwerpe wat soms ewe kataklismies as die 14de eeu se Groot Swart Dood is.

Een van Hermanus se eerste lesse handel oor die basiese verskil tussen black metal – musiek met hoër klanke – en death metal – met ‘n groter klem op laer klanke.

2) Dames en here . . .

Seungoed moet die woord “djent” ‘n hele paar keer sê voor ek die uitspraak snap. Dis nie die kort vir gentleman nie. En dié manne en vroue steur hulle waarskynlik beslis nie aan etikette soos heres en dames nie.

Mens spreek nie die d uit nie; dus: Sy gevatte opmerking: “Hoekom is daar ‘n k voor ‘knife’?”

Djent, in hierdie metaalbarbaar se woorde, gebruik laer en sterk ritmiese akkoorde (amper soos die ritme wat ‘n drom of baskitaar aangee). In shred speel jy baie vinnig en hoog.

In djent en ander tegnieke is die distorsieknop op die klankkas ‘n baie belangrike werktuig.

3) Gilskreeue en valse akkoorde

Behalwe vir instrumentasie maak stemwerk metaal uniek. Dis nou die bromme, diep gromme met ‘n moerse gedruis van dromme en geween van kitare, die skril en selfs falsetto skreeue.

Dis ‘n aangeleerde kuns en kan pruimmondjies klem-innie-kaak gee. Pa spot die high scream is seker iets soos Afrikaans se maervark.

Vir die stemwerk is die diafragma baie belangrik; daai orgaan wat alle puik sangers en buiksprekers inspan. Onthou julle nog vir Jannie de Bruin en Tommie?

PS: ‘n Fry scream is baie rasperagtig en klink dalk of die stembande braai.

4) Skokstok

Shock rock is metaalteater en -opera. Met kostuums, maskers, bybehore soos vals bloed, vuurwerke en alles wat jy jouself kan verbeel. ‘n Ietsie uit Freddie en Queen se boek?

Dink byvoorbeeld ook aan Jimi Hendrix, Iggy Pop en Alice Cooper.

5) In die nood

Breakdown is nie wanneer jou motor gaan staan en jy moet die rooi driehoekies uitpluk en op die sel vir hulp bel nie.

Die musiekterm het ‘n baie wyer betekenis en behels ‘n wegbeweeg van sang na dele waarin spelers op elke instrument ‘n kans kry om hul talente uit te stal. In metaal is dit wanneer die groot “mosh” plaasvind: soms gevaarlike spring- en stootdanse.

Ek sjê ok mosj maar net…

‘n Gewilde aanhaling: “Classical music was metal music before electricity was invented.”

Jammer vir enige sonde met die bure, soos wanneer iemand op die onbestemde tye vir ure op sy hoeksteensnyer of soortgelyke instrumente speel. Daai is nou ‘n grinder.

Een belangrike eienskap van riviere is dat dit wêrelde verbind. En van mens wees die heen- en terugreis, die opreis en die afreis versinnebeeld . . .

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%