Annerie op pad na Mej. Wêreld

Yandi Du Plessis
Annerie Maré, wat as die eerste prinses in die Mej. Namibië-skoonheidskompetisie gekroon is, het Vrydag vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vertrek om Namibië op die Mej. Wêred-verhoog in Puerto Rico te verteenwoordig. Die finale kroningsgeleentheid vind op 16 Desember plaas.
Die Mej. Namibië-organisasie het haar ’n veilige reis toegewens. “Ons is trots op jou harde werk en jou passie vir jou land en kan nie wag om te sien watter impak jy by só ‘n prestige geleentheid maak nie! Laat ons vlag hoog wapper en onthou jou wortels.”
Die huidige Mej. Namibië, Chelsi Shikongo, het haar sterkte toegewens. “Ek is werklik opgewonde vir jou. Jy het so baie gegroei in dié reis, jy is tot alles in staat en jy is genoeg. Jy het al my liefde en steun, altyd,” het Shikongo in ’n Instagram-inskrywing gesê.
Chelsi vertrek ook binnekort na Israel om Namibië in die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie te verteenwoordig.
Foto’s Divine Light Photography

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer