Anja tref kol in Race to Omeya
Anja tref kol in Race to Omeya

Anja tref kol in Race to Omeya

Andrew Poolman
Anja Wessels het Saterdag as wenner van die dag 'n fantastiese 42 punte aangeteken toe Omeya-gholfklub die tweede rondte van die 2021 Race to Omeya reeks aangebied het. Wessels het twee punte voor Willie Prinsloo (links, 40 punte) geëindig, met Willie van Zyl (39) derde geplaas. Pryse vir die houe naaste aan die pen is losgeslaan deur Abrie van Wyk (regs, putjie 4) en Jacques Bruwer (putjie 17). Die organiseerders bedank die reeksborg, Namib Kameeldoring Braaihout, asook die borg vir rondte 2, Atlantic Villa Boutique Guesthouse in Swakop, wat pryse vir die wenners op die spel geplaas het. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer