Angolese, Zambiërs vas oor wildmisdaad
Altesaam 14 vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en sewe nuwe sake is aanhangig gemaak.
Volgens die wildmisdaadverslag vanaf 28 September tot 4 Oktober van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is beslag op verskeie wildprodukte, drie voertuie en een geweer en ammunisie elk gelê.
Op Onaanda het ‘n Angolees, mnr. Agustu Nankwaya, glo ‘n leeu op 29 September gekwes en beslag is op ‘n .303-jaggeweer gelê.
Ook op Onaanda op dieselfde dag is mnr. Eino Panduleni Silvanus in hegtenis geneem en ‘n .303-jaggeweer en ‘n patroon is gekonfiskeer.
Op Grootfontein is drie mans, mnre. Kaventji Ngandi, Kahama Ngumbi en Vintilinu Antonio Makopi (‘n Angolese burger), op drie agtereenvolgende dae einde September in verband met ‘n renosterstroperysaak van Augustus in hegtenis geneem.
Twee Zambiërs, mnre. Milupi Gideon Mwakamwi en Inyambo Emmanuel Mwiya, is op 27 September by Menias Brian Libuto glo met ‘n lewende ietermagô in hegtenis geneem.
Nóg twee Zambiese mans, mnre. Mukiti Mukiti en Milelo Milelo, is op 3 Oktober by Katima Mulilo glo met ‘n duikerkarkas in hul besit in hegtenis geneem.
Mnr. Josef Selvarius Karunga is op 28 September glo met ‘n luislangvel in sy besit by Kamanjab vasgetrek.
Op Rundu is mnr. Rupare Domingo Tjindumba op 30 September glo met vyf seekoeitande en ‘n ietermagôvel in hegtenis geneem.
Mnre. Mathew Mwetudhana, Shiikwa Israel en Shihinga Paulus is by die Mururanihek op 3 Oktober glo met ‘n steenbokkarkas in hegtenis geneem en beslag is ook op ‘n voertuig en ‘n jaggeweer gelê.
Intussen is ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van mnr. Pekaha Solizo Vetumunaije uitgereik ná hy versuim het om op 1 Oktober in die hof te verskyn in verband met drie ou renosterstroperysake van 2018 by Oshivelo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie