Angolese meisie (13) glo as slaaf aangehou
Angolese meisie (13) glo as slaaf aangehou

Angolese meisie (13) glo as slaaf aangehou

Op Oshikango word 'n saak van mensehandel en die verkragting van 'n sesjarige ondersoek.
’n Saak van mensehandel word op Oshikango ondersoek ná ’n 13-jarige meisie verlede Dinsdag op die pad tussen Oshakati en Omungwelume gevind is.

Sy was glo besig om Angola toe te stap.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se weeklikse misdaadverslag is die meisie na die Omungwelume-polisiekantoor geneem en later na immigrasiebeamptes op Oshikango.

“Die meisie het deur ’n tolk vertel sy is oorspronklik van Lobito in Angola en ná die afsterwe van haar ma het ’n sekere vrou haar glo in Julie van Angola na Oshakati gebring,” lui die verslag.

“Die meisie beweer sy het by die vrou op Oshakati gebly waar sy as huishulp gewerk het en nooit betaal is nie. Sy het glo moeg geraak om so swaar te kry, besluit om te ontsnap en te voet Angola toe te vlug.”

Die meisie is tans in die polisie se sorg.

Niemand is al in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Vermeende verkragting

Ook in die omgewing van Oshikango in die Onengali-nedersetting is ’n sesjarige meisie glo deur haar buurman (22) in die bosse verkrag.

Die verdagte is in hegtenis geneem.

Op Groot Aub het ’n dominospel en ’n gedrinkery glo Saterdagaand tot ’n man se moord gelei.

“Tydens die speletjie en ’n gedrinkery by ’n huis het ’n argument glo uitgebreek. Mnr. Ricky Booi Kock (29) is glo deur twee verdagtes herhaaldelik met stukke van ’n gebreekte bottel en ’n mes in sy nek en kop gesteek,” sê die polisie.

Die voorval het omstreeks 19:30 plaasgevind. Die verdagtes is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.

Sondag omstreeks 09:30 is ’n fetus in ’n dreingat in ’n rivierbedding naby Moses Garoebstraat in die Otjomuise-woonbuurt in die hoofstad gevind. Die verdagte is onbekend en die polisieondersoek duur voort.

Op Okatope word ’n saak van strafbare manslag, roekelose en/of nalatige bestuur ondersoek nadat ’n onbekende bestuurder Saterdag omstreeks 06:00 ’n voetganger doodgery het en op die vlug geslaan het.

Volgens die polisie het die voorval op die hoofpad tussen Omuthiya en Ondangwa by die Onadhi-nedersetting in die Oshikotostreek plaasgevind en die bestuurder het glo versuim om ná die ongeluk te stop en die slagoffer te help.

Die slagoffer, mnr. Sakaria Jesaya (20), het glo op die toneel gesterf.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om die Okatope-polisiekantoor te kontak.

AANGEHOUDENE 'N SLAGOFFER

Saterdag omstreeks 17:30 is ’n man in die polisie se aanhoudingselle op Omuthiya glo deur ’n mede-aangehoudene met drie keer met ’n skroewedraaier in sy nek gesteek.

“Die verdagte het twee hangende sake van diefstal en aanranding met die opset om ernstig te beseer teen hom, terwyl die slagoffer in aanhouding was weens ’n klag van huisbraak en diefstal,” sê die polisie.

Die slagoffer is na die Omuthiya-staatshospitaal vir behandeling geneem en is daarná na die Onandjokwe-hospitaal oorgeplaas.

“Hy verkeer in ’n ernstige, maar stabiele toestand. Die skroewedraaier is verwyder en deur die polisie gekonfiskeer.”

Die verdagte sou Maandag in die Ondangwa-landdroshof verskyn.

Op Khorixas is ’n 24-jarige man Saterdag tussen 03:00 en 04:00 in ’n plas bloed voor sy huis gevind.

Die slagoffer is per ambulans na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Niemand is al in hegtenis geneem nie en die polisie versoek enigiemand met inligting om hul kantoor op Khorixas te kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%