Angolees in hof oor kokaïen
Francoise Steynberg - 'n Angolese burger (52) wat Maandagaand by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako weens dwelmhandel in hegtenis geneem is, het gister in die landdroshof in Katutura verskyn en is borgtog geweier.
Die beskuldigde, mnr. Lourenço Kula, wat in Brasilia in Brasilië woonagtig is, is tydens 'n gesamentlike operasie van die Namibiese polisie (Nampol) en die Brasiliaanse federale polisie via Interpol in hegtenis geneem.
"Interpol het aangedui dat 'n moontlike dwelmmuil vanaf Sao Paolo in Brasilië via Johannesburg na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako reis," het 'n woordvoerder van Nampol, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, gesê.
"Die beskuldigde is tydens sy aankoms by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako voorgekeer en in hegtenis geneem. Hy is vir 'n mediese ondersoek na die Windhoek Sentrale Hospitaal geneem en 70 kapsules wat vermoedelik kokaïen bevat, is in sy rektum gevind," het Shikwambi gesê.
Sy sê die inhoud is uitgespoel en geweeg en het 'n straatwaarde van N$350 000.
Kula was Maandagaand onder mediese waarneming by Windhoek se Sentrale Hospitaal.
Landdros Bernadine Kubersky het die beskuldigde se saak tot 20 Junie vir verdere ondersoek uitgestel, asook vir Kula om regsverteenwoordiging te bekom.
Me. Victoria Thompson het vir die staat verskyn en borgtog teengestaan.
Nóg 'n Angolese burger wat as dwelmmuil op 12 Desember 2016 altesaam 121 sakkies kokaïen in sy maag by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako probeer insmokkel het, is verlede Vrydag in die streekhof in Windhoek tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis.
Mnr. Huyey Pascoal Joao het ook vanaf Sao Paolo in Brasilië via Johannesburg na Windhoek gevlieg en is ná 'n wenk op die lughawe in hegtenis geneem.
Hy het ongeskuldig gepleit op klagte van die handel in kokaïen ter waarde van N$423 500.
Nampol het 'n ernstige waarskuwing aan alle dwelmhandelaars en gebruikers in Namibië, asook besoekers gerig: "Die polisie sal julle met onwettige dwelms uitvang, al probeer julle slimmer as die polisie wees. Die jeug moet hulle van dwelms weerhou of die gevolge dra om in hegtenis geneem te word."
Nampol doen 'n beroep op die publiek om alle misdaad aan die polisie te rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie