Angola laat Namibiërs vry
’n Man en drie jong seuns is in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig die grens oorgesteek het.
Vier Namibiërs wat twee weke gelede in Angola in hegtenis geneem is vir die onwettige oorsteek van die grens, is volgens die raadslid van die Mucuso-nedersetting, mnr. Mathew Kandingu, vrygelaat.
Die 23-jarige man en drie seuns (in graad 8, 9 en 10) was glo besig om ’n koei terug te bring wat aan Angola se kant van die grens gevrek het.
Hulle was by die Gciriku-pos aangehou en hul families is tot Saterdag tyd gegee om ’n totale borgbedrag van N$7 500 te betaal, anders sou hul na die tronk by Minonge oorgeplaas word.
Die oorspronklike borgbedrag was N$7 500 per persoon, maar is verminder nadat die raadslid van Mukwe, mnr. Damian Maghambayi, die buurland se regering in kennis gestel het dat die families boere is wat nie ’n vaste salaris verdien nie.
“Die familie het Sondag die seuns se borgtog betaal en hulle is vrygelaat. Die Namibiese polisie in Rundu het die seuns opgelaai en huis toe geneem,” het Kandingu gesê.
Kandingu het alle inwoners wat naby aan die grens woon, gewaarsku om by die regulasies en wette te hou en die Namibiese polisie te kontak indien daar ’n noodgeval is waar iemand die grens moet oorsteek, eerder as om dit op eie houtjie onwettig te doen.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie