Angkor: Wêrelderfenisplek van formaat

Estelle de Bruyn
Van die 1 031 wêrelderfenisplekke, spog Namibië met twee, naamlik Twyfelfontein in die Huabvallei in die suidelike Kunenestreek, en die Namib Sandsee.
Onlangs het ek die voorreg gehad om nog ’n wêrelderfenisplek, Angkor, in die Siem Reap-provinsie van Kambodja te besoek.
Dit word deur Unesco as een van die belangrikste argeologiese plekke in Suidoos-Asië bestempel.
Die kompleks strek oor nagenoeg 400 vierkante kilometer en sluit woude, die Angkor argeologiese park met die manjifieke oorblyfsels van die verskillende hoofstede van die Khmer-ryke, van die negende tot die 15de eeu in.
Teen sononder bereik ons die ikoniese tempel van Angkor Wat. Foto’s kan nie die impak van die eerste aanskoue van die sogenaamde Vatikaan van Ooste vasvang nie. Dis nou droog in Kambodja en die groen skynsel van mos wat in foto-artikels in National Geografic uitgebeeld word, maak plek vir ’n byna eklektiese stilte en naaktheid.
Die eerste kennismaking is kortstondig en daar is baie toeriste wat oorval word deur smouse wat alles en nog wat wil verkoop.
Die volgende dag onderneem ons weer die ses kilometer reis van die dorp Siem Reap na die tempelkompleks.
Benewens Angkor Wat maak Angkor Thom, die Bayon Tempel met verskeie beeldhouversierings, hidrouliese strukture soos dyke, reservoirs en kanale asook kommunikasie-roetes onder meer deel van die groter Angkor-kompleks uit.

Geskiedenis
In 802 AD het Jayavarman II hom tot koning verklaar en die strydende Khmer-prinse van Chenla onder die naam "Kambuja" verenig.
Dit was die begin van die Khmer-ryk, wat vir die volgende 600 jaar sou floreer en agtereenvolgende konings in staat sou stel om beheer en groot invloed oor ’n groot deel van Suidoos-Asië uit te oefen en geweldige mag en welvaart te verkry.
Aanvanklik was Hindoeïsme die godsdiens, maar dit is later deur Boeddhisme vervang.
Nadat Angkor in die 15de eeu voor ’n aanslag van Ayutthaya geval het, is ’n verswakte Kambodja as knegstaat deur sy bure geregeer.
In 1863 het Kambodja ’n protektoraat van Frankryk geword wat die grootte van die land verdubbel het en gebiede noord en wes van Thailand geïnkorporeer het.
Kambodja het in 1953 onafhanklik geword.
Die Vietnam-oorlog het oor die grens na Kambodja versprei met Amerikaanse bombardering van Kambodja tussen 1969 tot 1973.
Ná ’n staatsgreep in 1970 het die afgesette koning sy steun aan die voormalige vyand, die Khmer Rouge, toegesê. Die Khmer Rouge het die hoofstad Phnom Penh in 1975 ingeneem en later die Kambodjaanse volksmoord, wat vanaf 1975 tot 1979 geduur het, uitgevoer. Dit het geduur tot hulle deur Viëtnam en die Viëtnamees-gesteunde volk van Kampuchea in die Kambodja-Viëtnam-oorlog vanaf 1979 tot 1991 ontsetel is. Ná die vredesooreenkoms in Parys in 1991 is die land tydelik deur die Verenigde Nasies beheer tot ’n verkiesing in 1993 gehou is.
’n Staatsgreep in 1997 het die land se bewind in die hande van eerste minister Hun Sen en die Kambodja Volksparty geplaas wat tot vandag aan bewind is.

Plundering en agteruitgang
Ná jare se gewetenlose plundering deur misdadigers tydens die bloedige burgeroorloë is baie van die oorspronklike argitektoniese wonders geskend. Daar is selfs beweringe dat die weermag betrokke was by die plundering en dat hulle van die reliëfwerke aan antieke ware winkels in Bangkok gesmous het.
Sedertdien het Unesco ’n omvattende program ingestel om die simboliese plek en die omliggende gebied te beskerm.
Tempels soos Angkor Wat, die Bayon, Preah Khan en Ta Prohm is uitstekende voorbeelde van die Khmer-argitektuur en spreek van die simboliese betekenis wat daaraan geheg is. Dit is ook ’n aanduiding van die hoë vlak van maatskaplike orde en die aansien van die Khmer-ryk van destyds. Die terrein versinnebeeld volgens Unesco kulturele, godsdienstige, kuns en simboliese waardes.
Van die kriteria wat Unesco gebruik het om die Angkor-kompleks tot wêrelderfenisplek te verklaar, is die uitbeelding van die totale reeks Khmer-kuns van die negende tot die 14de eeue wat artistieke meesterstukke soos Angkor Wat, die Bayon en Banteay Srei insluit.
Die invloed van Khmer-kuns, soos ontwikkel by Angkor, het ’n wye invloed op Suidoos-Asië gehad en ’n betekenisvolle rol in die kenmerkende ewolusie van die gebied, sowel godsdienstig as polities en kultureel, gespeel.
Al wat oorbly van die beskawing is die ryke erfenis van kultus-strukture in boustene en klip.

Outentiek
Vorige restourasie en bewaringswerk in Angkor tussen 1907 en 1992, veral deur die École Française d’Extrême-Orient (EFEO), die Argeologiese Opname-diens van Indië, die Poolse bewaringsinstansie, PKZ, en die Wêreld Monumentefonds het geen negatiewe invloed op die oorhoofse outentiekheid van die monumente en tempels gehad nie en beïnvloed nie die oorhoofse indruk van die individuele monumente nie.

Beskerming en bestuur
Die eiendom word wetlik deur die koninklike dekreet op die sonering van die streek Siem Reap-Angkor wat op 28 Mei 1994 uitgereik is, en die wet op die beskerming van die natuurlike en kulturele erfenis wat in 1996 gepromulgeer is asook verskeie ander dekrete en regeringsbesluite beskerm.
In 1993 is die internasionale koördinerende komitee vir die bewaring van die geskiedkundige plek, Angkor (ICC-Angkor) tot stand gebring wat die koördinering van wetenskaplike, restourasie en bewaringsprojekte in die gebied moet verseker.
China, Indië en Amerika is van die lede van die komitee wat deurlopend gemoeid is met instandhouding van die gebied.
Volgens die Khmer Times is navorsing van die komplekse onderaardse besproeiingstelsel en die opstel van ’n strategiese plan vir die bewaring van die groter Kulen-gebied op die komitee se sakelys. Die komitee kom twee keer per jaar byeen en bestaan uit ingenieurs, argitekte, argeoloë en antropoloë.
Volgens die komitee is strukturele stabiliteit nie meer ’n probleem soos ’n dekade gelede nie, maar volhoubare ontwikkeling van die gebied bly een van die grootste uitdagings.
Volgens plaaslike deskundiges moet verdere navorsing na die ondergrondse waterweë ingestel word, omdat dit die potensiaal het om in moderne tye die noordelike Baray-gebied te rehabiliteer, die woude in stand te hou en die argeologiese park van water te voorsien.
Die welslae van die Apsara nasionale owerheid, wat deur die ICC-Angkor gemonitor word, het daartoe bygedra dat die terrein in 2004 verwyder is van die Wêrelderfenislys van plekke wat die gevaar loop om tot niet te gaan.

Toerisme
Die toerisme-potensiaal van Angkor bied reuse- ekonomiese potensiaal vir die gebied. In die nabygeleë dorp, Siem Reap, is reeds reuse- luukse hotelle deur internasionale hotelkettings opgerig.
Groot toeristegetalle hou ook die gevaar in om onherstelbare skade aan die sensitiewe strukture aan te bring.
Die bestuur van die Angkor-kompleks het die inwoners van die gebied betrek by die toerismebedryf ten einde volhoubare ontwikkeling en verligting van armoede aan te moedig.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%