Angelina Jolie en Brad Pitt se paaie skei
Amerika
Die aktrise Angelina Jolie het ’n egskeidingsaak teen haar man, Brad Pitt, aanhangig gemaak. Die egpaar is twee jaar gelede getroud, maar is sedert 2005 in ’n romantiese verhouding betrokke. Die aankondiging Dinsdag deur Jolie se prokureur was die begin van die einde van een van Hollywood se glansrykste en magtige paartjies. “Hierdie besluit is in belang van die gesondheid van die familie geneem. Sy sal nie kommentaar lewer nie en sy vra dat die familie hul privaatheid in hierdie tyd gegun word,” het die prokureur, Robert Offer, in ’n verklaring gesê. - Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie