Ander siektes moet ook in toom gehou word
WILLEM DE WET SKRYF:
Ons debatteer nou al ’n wyle oor die valse vrese wat versprei was en steeds word deur die Covid-drywers wat voorspel het miljoene mense sal direk as gevolg van Covid omkom.
Ons sien egter daagliks hoe hard hulle werk daaraan om daardie voorspellings te laat waar word deur valse diagnoses, opgeblaasde syfers en deur doodeenvoudig alle sterftes op ’n manier ’n Covid-kleur te probeer gee. Dit is asof daar vir die ouens ’n moerse bonus êrens lê en wag as hulle dit regkry om die doemprofete se voorspellings te laat waar word.
Covid maak dood, ja, maar is dit die siekte wat die wêreld gaan onderkry, of is ons as mens besig om toe te laat dat die wêreld ondergaan?
Ons wat meer besorg is oor die terminale effek van ’n katastrofiese ineenstorting van die ekonomie word uitgemaak as gevoellose geldjaers wat nie omgee oor lewens nie.
Ek dink ons moet dalk die debat in ’n ander rigting stuur en kyk wat die gevolg van die ekonomiese ineenstorting oor die kort en medium termyn op gesondheid gaan hê en dan weer kyk of dit die moeite werd is om die ekonomie tot stilstand te laat kom om ’n virus te keer waarvoor daar hopelik binnekort ’n teenmiddel sal wees. Dit is natuurlik te sê as iemand nie die ontwikkeling van ’n teenmiddel kunsmatig gaan briek om nog tyd te wen vir eie gewin nie.
Mense se beursies raak leeg, of is reeds leeg. Die direkte gevolg hiervan is dat ’n gesondheidsmonster besig is om te ontwaak wat ons binnekort nie meer sal kan bestuur of beheer nie. Die gevolge hiervan gaan ons baie duurder te staan kom in terme van lewens as Covid.
Siektes soos MIV/vigs, kanker, Ebola, malaria, TB, bloeddruk en ander toestande veroorsaak jaarliks meer sterftes as Covid. Ons is tans so gefokus op Covid dat die ander besig is om vere reg te skud om nog groter pandemies te word as wat hulle tans is.
Wie het N$850 om elke dan en wan ’n Covid-toets te laat doen vir welke rede ookal? Daardie selfde ou het ook nie meer geld om sy ander medisyne te koop nie, want alles wat hy tans het gaan vir kos, klere en 'n dak oor die kop. Baie gesinne sny op medikasie en ander luukses om kinders kos te kan gee, op skool te hou en hul huis te behou.
As ons ons oë uitvee, gaan ou bekende siektes groter verwoesting saai omdat ons die deur daarvoor ooplaat. Dit terwyl ons almal naarstigtelik maskers koop, toiletpapier opgaar, reinigers by die gallon verbruik, drank en sigarette smokkel, tuisbly-jobs doen en ons soos blindes laat rondlei deur leiers.
Paniekbevange leiers maak benoude, teenstrydige aankondigings en spring rond soos katte op warm plate om deur die WHO raakgesien te word as manne wat deelneem aan die histerie. Hulle slaag so goed in hul taak dat hul eie mense steeds besig is om te vergaan van armoede, ellende en siektes wat niks met Covid te doen het nie en al dekades lank in ons midde is.
Ek sal graag wil sien dat ons alle terminale siektes in tabelvorm weergee langs Covid, sodat ons kan sien hoe sterftes as gevolg van die ander siektes groei terwyl ons besig is om eksklusiwiteit te verleen aan die Covid-geveg. Haal bietjie die syfers uitmekaar en wys elke siekte apart en nie alles onder die Covid-rookskerm nie.
As mense begin om medikasie en behandeling van bekende terminale siektes agterweë te laat, gaan Covid ’n vulletjie raak teen die res.
Hou die nasie se ekonomie sterk. Gee ons die finansiële vermoë om na onsself om te sien, sielkundig sterk te bly en trots te bly om sodoende die virus gemotiveerd te beveg. Dan kan ons hom wen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie