• Tuisblad
  • Sake
  • Ander lande spring om gaping in hoendermark te vul
Ander lande spring om gaping in hoendermark te vul
Ander lande spring om gaping in hoendermark te vul

Ander lande spring om gaping in hoendermark te vul

Met verskeie lande wat beper­kings op die invoer van Amerikaanse hoender plaas, kan die wêreld 'n tekort aan hoender­vleis ondervind.
Jo-Mare Duddy Booysen
Vida Booysen - Die Brasiliaanse vleisskandaal wat dié land se hoenderuitvoer byna nekomdraai, gaan Suid-Afrika se hoenderbedryf net op kort termyn help.

Enige inkorting van die ­hoeveelheid hoender wat ingevoer word, gee verligting aan die plaaslike bedryf en word verwelkom, sê ­Marthinus Stander, uitvoerende hoof van Country Bird Holdings en ­voorsitter van die Suid-Afrikaanse ­pluimveevereniging se braaihoenderkomitee.

Die Suid-Afrikaanse departement van landbou, bosbou en visserye het die invoer van hoendervleis van die twee grootste vleismaatskappye van Brasilië wat by die vleisskandaal betrek word, opgeskort.

Verskeie ander lande het ook die invoer van hoender uit Brasilië verbied en volgens Bloomberg kan dit 'n groot gat los in die wêreld se hoenderhandel, aangesien Brasilië reeds verantwoordelik is vir sowat 40% van die internasionale uitvoer.

Stander sê dit beteken nog nie dat die plaaslike bedryf die gaping sal kry wat hy benodig om 'n voet in die uitvoermark te kry nie.

“Voordat ons kan uitvoer na ander lande, is verskeie staatsingrypings nodig, en dit is tydrowend – jy kan nie sommer net uitvoer na 'n ander land nie.”

Stander sê ander lande maak dit glad nie maklik om hoender uit te voer nie, juis omdat hulle hul markte en plaas­like verbruikers beskerm.

“Ons landbouminister sal 'n hele aantal protokolle moet onderteken en 'n rits gesondheidsinspeksies moet geslaag word, so dis 'n lang, uitgerekte proses.”

Internasionale tekort

Indien daar egter 'n internasionale tekort aan uitvoerhoender sou ontstaan, sal dié proses dalk verhaas word in lande soos Saoedi-Arabië, waar Suid-Afrika al 'n bietjie vordering gemaak het om 'n uitvoermark vir sy hoenders te probeer vestig, sê Stander.

“Die vraag is egter of die verbod op invoer uit Brasilië lank genoeg sal hou om ons genoeg tyd te gee om aan die regulasies te voldoen sodat ons kan uitvoer.”

Die meeste van Brasilië se hoender word na China uitgevoer en volgens Reuters het China reeds sy tydelike invoerverbod opgehef. Egipte en Chili het ook weer hul grense vir sommige van Brasilië se vleisuitvoerders oopgemaak.

Die bom oor Brasilië se uitvoervleis het verlede week gebars toe die ­Brasiliaanse polisie toegeslaan het en 'n ondersoek, genaamd Swak Vlees, van stapel gestuur het ná die beweerde omkopery van federale gesondheidsinspekteurs wat toegelaat het dat reeds bederfde vleis steeds verkoop en uitgevoer is.

Twee groot Brasiliaanse vleismaat­skappye, BRF SA en JBS SA, die wêreld se grootste vleisprodusent, is by die skandaal betrek. Albei ontken dat hulle enigiets onwettigs gedoen het.

Voëlgriep

Bloomberg berig die Brasiliaanse vleis­skandaal kom op 'n tydstip dat voëlgriep in die VSA begin voorkom. Dié land is die tweede grootste uitvoerder van braaihoendervleis. Met verskeie lande, waaronder Suid-Korea, wat beperkings op die invoer van Amerikaanse hoender plaas, kan die wêreld 'n tekort aan hoendervleis ondervind, tensy mededingers die gaping kan vul.

“Dis moeilik om te sê watter land 'n uitvoerreus soos Brasilië ten volle in die internasionale mark kan vervang as die VSA ook deur voëlgriep geraak word,” sê Jose Vicente Ferraz, 'n direkteur van Informa Economics Group in Brasilië.

“Ek sal sover gaan om te sê daar is geen land wat dit op die oomblik kan doen nie.”

Brasilië sou na verwagting vanjaar sy aandeel in die internasionale hoenderhandel verhoog het. Dié land is nie deur voëlgriep geraak nie en die aanvraag na sy produk het skerp gestyg ná uitbrekings van voëlgriep in Europa, Asië en die VSA. In die VSA is verskeie gevalle van voëlgriep hierdie maand aangemeld, waaronder in Tennessee en Alabama, een van die grootste hoenderstate in die VSA.

Die uitbreking het daartoe aanleiding gegee dat verskeie lande, waaronder Japan, die wêreld se grootste invoerder van braaihoendervleis, beperkings geplaas het op besendings vanuit sommige gebiede in die VSA. Brasilië en die VSA is saam verantwoordelik vir sowat twee derdes van die internasionale hoendervleishandel.

Mededingers spring nou om die gaping te probeer vul. Die Argentynse hoenderprodusent Cresta Roja verwag dat Brasilië se teenspoed sy eie besendings na uitvoermarkte in Asië sal laat toeneem. Die hupstoot kan help dat die maatskappy sy uitvoerteiken van 25% van produksie teen Junie bereik, het die uitvoerende hoof, Santaigo Perea, gesê. Dit is 15% hoër as die huidige syfer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.98/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.50% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.19/BBP DOWN -0.0078 | Platinum US$ 1 037.03/OZ UP +3.56% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.98/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.50% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.19/BBP DOWN -0.0078 | Platinum US$ 1 037.03/OZ UP +3.56%