ANC se top-6 dalk nog byeen oor kandidatelyste

18 April 2019 | Afrika
Philda Essop

Pres. Cyril Ramaphosa en die vyf ander lede van die ANC se topses sal straks aanstaande Dinsdag die verslag van die ANC se integriteitskommissie oor die party se kandidatelyste bespreek.

Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) het dié komitee vroeër opdrag gegee om die lys te bestudeer en terugvoering te gee.

Luidens berigte word 22 name op die party se kandidatelys deur die integriteitskommissie as “problematiese” parlementêre kandidate beskryf.

City Press het berig dat adj.pres. David Mabuza en Gwede Mantashe, ANC-voorsitter en minister van minerale bronne, se name glo op dié lys is.

George Mashamba, voorsitter van die integriteitskommissie, het Dinsdag bevestig dat die NUK ’n lys aan die kommissie oorhandig het vir hersiening en dat die kommissie sy werk in dié verband afgehandel het. Die kommissie kan egter nie die besonderhede van sy aanbevelings bekend maak nie. Die NUK sal hom daaroor uitspreek, sê Mashamba.

Reëlings word tans getref vir die kommissie om met die NUK oor die kwessie te vergader.

Dakota Legoete, waarnemende nasionale ANC-woordvoerder, het Dinsdag by navraag oor die pad vorentoe gesê die verslag van die integriteitskommissie is nog nie deur die ANC se topses-leiers bespreek nie.

Hulle vergader gewoonlik elke Maandag, maar dié vergadering het nie die afgelope Maandag plaasgevind nie omdat hulle Joe Nkadimeng (92), ’n ANC-struggleleier, aan huis besoek het waar hulle die Isithwalandwe/Seaparankoe-medalje – die hoogste eerbewys van die ANC – aan hom oorhandig het.

Legoete sê die groep sal waarskynlik volgende Dinsdag vergader omdat Maandag ’n vakansiedag is. In dié stadium is dit egter net ’n bespiegeling, want hy het nog geen opdrag daaroor gekry nie.

Nóg die party se nasionale werkkomitee (NWK), nóg die NUK sal weer voor die verkiesing vergader.

KWESSIE IS UITERS BELANGRIK

“Die ANC beskou die kwessie as uiters belangrik. Al die kandidate het die toets geslaag ingevolge die Kieswet. Die Kieswet dek egter nie kwessies van moraliteit nie daarom is dit ’n interne kwessie vir die ANC. Dit kan voor of ná die verkiesing afgehandel word,” sê Legoete.

Intussen beplan verskeie DA-leiers in Gauteng om Woensdag besware wat hulle van die publiek oor die ANC se kandidatelys ontvang het, by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, te oorhandig.

Die DA sê verskeie ANC-kandidate word by misdade geïmpliseer, wat van “korrupsie en wanadministrasie tot seksuele aanranding” wissel. Duisende Suid-Afrikaners het volgens die party in reaksie hierop op ’n spesiale DA-webwerf, getiteld Prison Not Parliament, beswaar aangeteken. – Netwerk24

Soortgelyk

 

The rose among the thorns

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena It would be difficult to meet anyone who is as passionate about food and educating people about a vegan diet than 25-year-old...

A peek into the HR world

1 dag gelede | Mense

Julia MushellengaThere are a few initiatives one can use to empower employees, but my main preference is through engagement. It’s important to create engagement platforms...

Fishrot-klankie tref korrupsie-indeks

1 dag gelede | Misdaad

Jo-Maré Duddy - Hoewel die Fishrot-skandaal in die jongste korrupsieverslag van 'n internasionale waghond vermeld word en Namibië vier plekke op 'n wêreldindeks moes inboet,...

Boere betáál vir ‘katkoppe’

1 dag gelede | In beeld

Veilingspryse vir tollies en verse bereik tans nuwe rekordhoogtes, met die hoogste prys van N$47,37 per kg wat vandeesmaand tydens ’n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal...

Swartlys sy voorland, sê Hatuikulipi

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Die eertydse uitvoerende hoof van Investec Asset ­Management en een van die sogenaamde Fishrot-beskuldigdes, mnr. James ­Hatuikulipi, sê sy bankrekening is N$150...

Bank Windhoek assigns Muukua with CSI and Stakeholder Engagement...

1 dag gelede | Gemeenskap

Bank Windhoek has appointed Veripura Muukua as its new Communication Practitioner, tasked with Corporate Social Investment (CSI) and Stakeholder Engagement, effective Wednesday, 15 January 2020.In...

Investing in the people

1 dag gelede | Gemeenskap

Mariselle Stofberg“A new decade signals a time for reflection and focus on new opportunities that lie untapped before us. A decade passed teaches of victories,...

Commit to be fit

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg It takes exceptional perseverance and determination to continue to chase your dreams despite adversity and complications that may arise. Jonathan Mweneni Mwafangeo has...

The value of the journey

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg“So many times I focused on what I wanted to become, neglecting the process required to get there. As I matured, I realised the...