Amutenya is vry
Amutenya is vry
Amutenya vrygelaat
08 April 2021 | Howe
Augetto Graig – Me. Kristofina Amutenya is gister vrygelaat nadat die staat die moordklag teen haar in die Windhoekse landdroshof teruggetrek het.
Volgens haar regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het die staat onreëlmatighede in die inhegtenisneming en aanhouding van Amutenya, onmiddellik ná haar aankoms uit Ethiopië, erken.
Amoomo het erken dit is heel moontlik dat sy kliënt weer in hegtenis geneem kan word. “Hulle sal haar moontlik weer arresteer, mits hulle sekere dokumente in orde kan kry, maar ons is gereed daarvoor. Ons is gereed om met hulle saam te werk,” het hy gesê.
Volgens Amoomo is een doel van die moontlik tydelike grasie om Amutenya geleentheid te gee om haar naastes te sien. “Sy was vir maande in Ethiopië aangehou en niemand het gesê hoekom nie,” het hy gesê.
Die dringende brief van die kantoor van die staat se prokureur mnr. Jurie Ludwig aan Amoomo lui: “Ons bevestig albei partye het ooreengekom dat die strafregtelike klagte teen die beskuldigde onder saaknommer WHK-CRM-7286/2021 voorlopig, in terme van die Wet op Kriminele Prosedures 51 van 1977, teruggetrek word.”
Daarvolgens het albei partye ook saamgestem om die hoërhofverhoor terug te trek, en dat beide partye vir hul eie regsonkostes verantwoordelik is.
Amutenya het Dinsdag voor landdros Sebby Alweendo Venatius die eerste keer in ’n Namibiese landdroshof verskyn op klagte van die moord op haar eie kinders.
“Hulle het die saak onttrek. Hulle het self erken daar was foute. My kliënt is nie in hegtenis nie; sy is vrygelaat,” sê Amoomo.
Amutenya was by die Klein Windhoek- polisieselle in aanhouding vandat sy Maandagnamiddag by haar aankoms uit Ethiopië by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako deur polisiebeamptes in hegtenis geneem is.
Amutenya, ’n Namibiese diplomaat, is deur polisiebeamptes van Ethiopië uitgelewer op grond van internasionale wette en veral die Genève-konvensie van 1961, volgens beheeraanklaer Hans Karl Thourab.
Die negejarige Jenay Haufiku en sy sussie Jane (3) is na bewering op 12 Desember 2020 deur Amutenya – hul ma en eksvrou van die Namibiese handelsattaché, mnr. Paulus Haufiku in sy ampswoning in Addis Abeba verwurg.
Oor die dringende aansoek in die hoërhof waar adjunk-regterpresident Hosea Angula môre sy verhoor sal voortsit, sê Amoomo hulle sal die saak terugtrek, aangesien sy kliënt vrygelaat is.
– [email protected]

Soortgelyk
79 nuwe gevalle, een sterfte
18 minute gelede | Gesondheid
LPM ruk op na NV
1 uur gelede | Politiek
RMB Song Night vier ’n dekade
3 ure gelede | Kuns en vermaak
Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax
3 ure gelede | Gesondheid
Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe
5 ure gelede | Gesondheid
Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut
6 ure gelede | Mense
Floyd-moordverhoor: Skuldig!
7 ure gelede | Internasionaal
FlyWestair brei binnelandse vlugte uit
16 ure gelede | Vervoer
Sprinkane nou in 11 streke
16 ure gelede | Landbou
Kleinadvertensies