Amupanda: u201cOns is nie u2019n leierskap om mee te mors nieu201d
Amupanda: u201cOns is nie u2019n leierskap om mee te mors nieu201d

Amupanda: “Ons is nie ’n leierskap om mee te mors nie”

Henriette Lamprecht
“Ons is ernstig en nie ’n leierskap waarmee jy mors nie.”
Dit was die woorde van die burgemeester van Windhoek, mnr. Job Amupanda, tydens ’n nuuskonferensie laatmiddag oor Stad Windhoek se skuld aan NamWater en Nampower.

Die hoofstad se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk is 31% sê Amupanda, daarom die rede om die hoofstad “reg te ruk”.
“As ons die probleme met Windhoek oplos, los ons probleme in die land op.”
Volgens hom tree die munisipaliteit direk in gesprek met sy krediteure.
“Ons praat direk met NamWater, nie met politici nie,” het hy gesê.

Volgens die burgemeester was die skuld aan Stad Windhoek voordat die Covid-19-pandemie die land getref het, sowat N$900 miljoen. Dit het daarna die N$1 miljardkerf verbygesteek.

“In die verkiesingstyd is water en krag ook nie afgesny nie en dit alleen het die munisipaliteit N$62 miljoen gekos.”
Volgens Amupanda is die reuse bedrag egter besig om af te neem. Windhoek het volgens hom 130 000 huishoudings wat na verwagting oor 20 jaar sal verdubbel.

Amupanda sê die munisipaliteit skuld NamWater tans N$50 miljoen wat teen 15 Maart betaal sal wees. Die hoofstad betaal NamPower maandeliks sowat N$130 miljoen. Hy het beklemtoon as die munisipaliteit se rekeninge vereffen word, het Stad Windhoek die geld om sy krediteure te betaal.

Kommentaar

Republikein 2026-06-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer