Amos Meerkat Skool-program verander lewens
Altesaam 22 onderriggewers van Rehoboth tot so ver as Rundu wat voorskoolse kinders deur middel van die Amos Meerkat Skool (AMS) se program onderrig, het onlangs hulle tweede opleidingsweek op Otavi voltooi.
Volgens hul getuienisse aan die einde van die week, is om deel te wees van hierdie opleidingsprogram, lewensveranderend. Deel van AMS se visie is om aan elke plaaseienaar of gemeenskap in Namibië die geleentheid te gee om ’n kleuterskool te begin, sodat elke voorskoolse kind in Namibië die kans sal hê om deur middel van Christelik-gesentreerde onderwys skoolgereed te wees.
Dat hierdie visie ook ’n groot impak het op die lewens van hierdie onderriggewers, blyk duidelik uit hul terugvoering, sê die AMS in ’n verklaring.
“Om deel te wees van die program, het een student geleer om God en haar gesin na waarde te skat. Nog een getuig dat hy nou deeglik besef wie hy werklik is, en dat hy geestelik gegroei het deur die lering van die Woordlose boekie. Hoe om met kinders om te gaan, om met geld te werk en om op te hou rook, is sommige van die vaardighede wat die kursusgangers deur middel van die AMS-materiaal en -opleiding aanleer, wat ook traumaheling (Namibië Bybelgenootskap) en karakterhervorming (Adonai Trust) insluit,” lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie