Ammoniak-lekkasie: drie werkers ontslaan
Elvira Hattingh - Drie Meatco-werknemers is gisteroggend uit die Lady Pohamba-hospitaal ontslaan nadat ’n ammoniak-gaslekkasie Woensdag by die fabriek in Windhoek ontstaan het.
Een werknemer is steeds in ’n kritieke toestand, maar toon tekens van verbetering. Dié pasiënt word deur die longspesialis dr. Willie Bruwer behandel.
Intussen word die Meatco-fabriek behoorlik skoongemaak om seker te maak geen spore van ammoniak bly in die produksieareas agter nie, en sodat werksaamhede voortgesit kan word. Die oorsaak van die lekkasie word ondersoek.
Meatco se afdelings vir bedryfsbestuur en gehalteversekering het saam met die direktoraat van veeartsenydienste die impak op produkte wat aan die ammoniak blootgestel is, ondersoek. Dié produkte sal tot niet gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie