Ammoniak-lekkasie bring Meatco tot stilstand
Werknemers moes gister inderhaas die fabriek ontruim.
Elvira Hattingh
Sewe Meatco-werknemers is in die Lady Pohamba Privaathospitaal opgeneem nadat 'n ammoniak-gaslekkasie gister omstreeks 10:00 by die fabriek in Windhoek voorgekom het.
Een van hulle is in 'n kritieke toestand. Ander werknemers word onder observasie gehou.
Die fabriek se werksaamhede het vir vyf ure lank tot stilstand gekom en sekere dele van die fabriek is tot verdere kennisgewing afgesper. Meatco se woordvoerder, me. Neu-Nique Rittmann, het gesê altesaam sewentig karkaste is aan die gas blootgestel.
Die lekkasie het in die versendingsarea by 'n vrieskas begin. Me Rosa Thobias het op die toneel aan Republikein gesê 'n pyp het gebars en tot die lekkasie gelei. Altesaam 671 werknemers moes die fabriek ontruim as deel van die noodplan asook om die skade aan die
verkoelingstelsel vas te stel.
“Tot dusver kon ons nog nie die omvang van die skade bepaal nie, maar die veiligheid van werknemers is ons eerste prioriteit. As deel van ons noodplan is die munisipaliteit ingeroep om ons te kom help,” het Rittmann gesê.
Ammoniak is 'n kleurlose gas met 'n sterk reuk wat as 'n industriële koelmiddel in Meatco se yskaste gebruik word.
Blootstelling aan hoë vlakke van ammoniak kan irritasie en ernstige brandletsels aan die vel en in die mond, keel, longe en oë veroorsaak. Baie hoë vlakke kan selfs tot die dood lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie