Amerikaners wil veg sonder Desert Storm
Amerikaners wil veg sonder Desert Storm

Amerikaners wil veg sonder Desert Storm

Boks
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die coronavirus het 'n lelike streep deur die veergewigbokser Sakaria Lukas se ambisieuse planne getrek, toe sy historiese geveg in middel Maart as die eerste Namibiese vegter ooit in Madison Square Garden in New York in die laaste ure afgestel is.

Sy bestemde opponent vir die gedoemde ontmoeting, die gewese wêreldkampioen Jessie Magdaleno van die VSA, se promotors Top Rank berei tans voor om hom terug in die kryt te bring te midde van Amerika se geleidelike heropening van sportgebeure post-Covid-19.

Die onoorwonne Namibiër Lukas is egter nie in die nuutste onderhandelinge ter sprake nie, waarskynlik grootliks vanweë die omvattende wêreldwye reisbeperkings om die hoogs aansteeklike virus te bekamp.

Vir Magdaleno word tans 'n geveg vir middel Junie gereël, hoewel die reisbeperkings steeds 'n stokkie voor die bevestiging van vele van die beplande kragmetings steek.

Die Wêreldboksorganisasie (WBO) se wêreldtitelhouer in die veergewigklas, Shakur Stevenson (VSA), is nog een wat reeds volgende maand na die kryt sal terugkeer indien alles volgens plan verloop.

Magdaleno versus Lukas sou in Maart die hoofvoorgeveg van die aand in New York gewees het, in die opbou na Stevenson (29-3, 25 uitklophoue) se titelgeveg teen Miguel Marriaga van Colombia.

Ondanks sy 35-jarige leeftyd word Lukas deur sy aanhangers as 'n goed bewaarde geheim in die bokswêreld beskryf. Hy hou die Wêreldboksorganisasie (WBO) se Afrika-titel reeds sedert Junie 2016 en het 'n skoon beroepsrekord van 23 oorwinnings (16 uitklophoue) sonder 'n neerlaag.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A