Amerikaners steun stryd teen stroping
Maria Eiseb - Die Amerikaanse ambassade het onlangs ’n skenking van sowat N$25 miljoen aan die ministerie van die omgewing en toerisme in die hoofstad gemaak.
Tydens die oorhandiging het mnr. Thomas Daughton, Amerika se ambassadeur in Namibië, gesê Namibië lok baie toeriste, hoewel die vrede van plaaslike wildlewe versteur word.
Daughton het gesê daar is nie ’n week wat verbygaan sonder dat ’n renoster of ’n olifant gestroop word of sonder dat ’n verdagte stroper in die hof verskyn nie.
In die reaksie op dié uitdaging wil die ambassade die stryd teen stropery saam met Namibië aansê.
Die skenking sal onder meer aangewend word om samewerking tussen beamptes, natuurbewaringsowerhede, wetstoepassers en renosterbewaringsplase te bevorder.
Deur opleiding sal staatsaanklaers en regters ook die erns van die saak besef en meer kwaaddoeners sal gearresteer en vervolg word, het hy gesê.
By dieselfde geleentheid het mnr. Chris Weaver, besturende direkteur van die Wêreldnatuurfonds (WWF), gesê Namibië was die afgelope tyd die ster van natuurbewaring.
"Stroping het ’n ernstige, georganiseerde misdaad met sindikate geword. Dit is ’n uitdaging," het Weaver gesê.
"Destyds het gemeenskapslede dit dalk vir vleis gedoen, maar deesdae word dit vir geld gedoen. Dit moet as ’n ernstige misdaad beskou word en nie net as iets wat maar in die gemeenskap gebeur nie. Strawwe moet swaarder wees. Die ministerie moet deur belanghebbendes en die polisie ondersteun word, want dit is ’n wêreldwye probleem," het hy gesê.
Mnr. Pohamba Shifeta, minister van die omgewing en toerisme, het gesê die stropers behels georganiseerde internasionale sindikate wat met Namibiërs saamwerk - veral in die Etosha Nasionale Park en in die noordweste van die land.
Volgens Shifeta beplan sy ministerie om stropery in 2018 met 50% te verminder.
Die Namibiese polisie, sy ministerie en die staatsaanklaer sal sorg dat sulke misdaad deeglik ondersoek word en dat oortreders gearresteer en gestraf word, sê die minister.
Shifeta het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om kwaaddoeners te rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie