Amerikaners drink Namibiese jenewer

14 August 2019 | Plaaslik
Tanja Bause



Die eerste versending van 600 bottels eg Namibiese jenewer (gin) het die land onlangs verlaat en is op pad VSA toe.

Mnr. Michael Weder en sy vrou, Katrin, eienaars van die Naute Kristall-kelder en -distilleerdery, het in 2014 aan die voet van die Nautedam naby Keetmanshoop 'n vennootskap met die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) gesluit.

Hiervolgens kan hulle onderbenutte en weggegooide vrugte vir die maak van hul schnapps gebruik.

“Ons neem vrugte soos dadels, granate en turksvye en voeg waarde daarby,” sê Weder, wat in 2016 Namibië se eerste gin gemaak het.

“Die basis van elke gin is die ­jenewerbessie saam met kruie en speserye, maar ons het besluit om die wortel van die duiwelsklouplant wat by Keetmanshoop groei by NamGin te voeg om dit nog meer Namibies te maak,” sê hy.

NamGin word sedert 2017 na Duitsland uitgevoer. Saam met die gin word Dandy, 'n dadelbrandewyn, en 'n ginlikeur, NamGlint, soontoe uitgevoer.



SEDERT JANUARIE OP RAKKE

“Die ginlikeur is 'n nuwe produk wat sedert Januarie op die rakke is en vinnig al gewilder raak. Die basis is gin wat onder meer met ouma se geheime tuisgemaakte likeur gemeng word. Dit word glad nie gemeng nie, maar eerder in 'n kort glas gedrink.”

Die bande met die VSA het begin toe 'n toeris NamGin hier gedrink het en 'n paar bottels saam huis toe, na die VSA, geneem het.

“Die man wat ek toe nog nooit ontmoet het nie het my gekontak en gevra of hy NamGin vir die 2018 World Spirits-kompetisie in San Francisco kan inskryf. Ek het hom toestemming gegee en ons het silwer gewen – iets waarop ons ontsettend trots is.”

Volgens Weder word 'n ­spesiale kompetisiebottel gebrou wat dan ingeskryf word.

“Jy gee alles en maak honderd keer seker dit is die beste wat jy kan brou voor jy die bottel inskryf. In ons geval het die man 'n bottel in 'n winkel gekoop en ingeskryf. Ek weet nie eers waar hy dit gekoop het nie. Maar dit bewys NamGin het altyd die gehalte van ten minste 'n silwer medalje. Dit is 'n produk wat met die wêreld kan meeding.”

Dié prestasie het uiteindelik na die eerste uitvoer van 10 bokse NamGin na die VSA gelei.

“Die bottels is verpak en gelaai en op pad San Francisco toe. Daarvandaan sal dit verder versprei word. Ons wag in spanning om te sien hoe die gin aan daai kant ontvang word en natuurlik op meer bestellings.”

Soortgelyk

 

Vol ambulans bots teen bees

4 minute gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

10 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

10 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

10 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

10 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...

Tragedie tref toergroep

10 ure gelede | Ongelukke

Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund - Altesaam 34 Duitse toeriste se Namibiese reis is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus...