Amerika skenk voertuie vir NIP
Die Amerikaanse ambassade het drie dubbelkajuitbakkies aan die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) oorhandig om gehaltetoetsing vir MIV by streeklaboratoriums te verseker. Die waarde van die skenking is N$1,7 miljoen. Besoeke aan streke verseker dat alle NIP-laboratoriums in die land dieselfde hoë standaard handhaaf en wat insluit toetsing is akkuraat en uitslae word betyds gelewer. Finansiering vir die skenking is verskaf deur die Amerikaanse president se Noodplan vir Vigsverligting (Pepfar) deur die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) in Namibië. Pepfar gaan aanstaande jaar se finansiering van Namibië se voorkomings, versorging en behandelingsprogram vir MIV van US$81 miljoen na US$89 miljoen verhoog.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie