Amerika skenk 100 620 dosisse Pfizer

Henriette Lamprecht
Die Amerikaanse ambassade het vandag amptelik 100 620 dosisse Pfizer aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig as deel van die land se globale pogings om die Covid-pandemie te bestry. Dit vorm deel van Amerika se belofte om aanvanklik ten minste 25 miljoen van 80 miljoen dosisse aan Afrika te skenk. Die Amerikaanse regering het nou met die Afrika Unie, die sentrums vir siektebeheer en -voorkoming op die vasteland (CDC) en Covax saamgewerk.

Kommentaar

Republikein 2025-11-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer