Ambulans in ongeluk
‘n Ambulans van die regering was gisteraand op die B1-hoofweg tussen Gibeon en Keetmanshoop, sowat 10 km vanaf die Gibeon-afdraai, in ‘n ongeluk.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ambulans wat vanaf Tses na Windhoek gery het, omstreeks 22:50 ‘n koei gestamp wat skielik oor die pad geloop het.
“Saam met die bestuurder was daar vier passasiers, ‘n verpleegster en drie pasiënte in die ambulans. Niemand is beseer nie, maar die ambulans is beskadig,” lui die verslag.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie