Amazon betaal werkers om hom op Twitter te prys

29 August 2018 | Tegnologie
Petrus Malherbe



In 'n ooglopende poging om die skade aan sy reputasie te herstel, het Amazon begin om van sy werknemers te betaal om goeie goed oor die maat­skappy aanlyn te sê.

Die ondersoekende joernalis James Bloodworth het in April 'n boek uitgereik waarin hy die haglike omstandighede uiteensit waaronder party pakkers van Amazon werk.

In een voorbeeld het Bloodworth geskryf werkers moes in 'n bottel urineer omdat die badkamers te ver was en waardevolle tyd verlore sou gaan as hulle soontoe sou moes loop. Werkers moes ook aan streng daaglikse mikpunte voldoen vir die aantal pakkies verpak.

Nou het TechCrunch daarop gelet dat minstens 15 ­rekeninge op Twitter opgeduik het, almal met een doel: prys Amazon.

Elke rekening behoort aan 'n werknemer by die maatskappy wat voorheen in 'n paksentrum gewerk het. Die rekeninge word geïdentifiseer met die woorde “FC Ambassador” in die naam.

Volgens Mashable reageer dié rekeninge op enige negatiewe kommentaar oor Amazon op die sosiale netwerk.

Een persoon vra byvoorbeeld vir Jeff Bezos, Amazon se hoof, of hy enige tyd badkamer toe kan gaan en of hy ook in 'n bottel moet

urineer.

Een van Amazon se werknemers reageer daarop dat hy “nes Jeff” enige tyd badkamer toe kan gaan en dat “geen bottel nodig” is nie. Hy maak selfs 'n grappie deur te sê dis baie nuttig, want hy “drink so baie water soos 'n kameel”.

Die Twitterati was gou op hul perdjie en sê dié rekeninge is heeltemal te vriendelik om as opreg beskou te word.

In 'n verklaring het die maat­skappy bevestig die rekeninge word bestuur deur werknemers wat voorheen in sy paksentrums gewerk het, maar wat nou heeltyds goeie woorde oor die maat­skappy versprei.

“Om die eerlike feite van hul persoonlike ervarings te deel, is die belangrikste ding.”

 – Netwerk24

Soortgelyk

 

Vier wildehonde proe vryheid

16 ure gelede | Omgewing

Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea...

Vlieëniers vlieg ‘blind’

16 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

16 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

16 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

16 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

16 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...