Amazon-baas geskei: Soveel kry sy vrou ná affair
Petrus Malherbe – 25 jaar ná Jeff Bezos die wêreld se grootste e-handelaar begin het, is sy egskeiding met sy vrou van 25 jaar ook voltrek.
Reuters berig Bezos, die stigter en uitvoerende hoof van Amazon, se egskeiding van sy vrou, MacKenzie Bezos, is pas deur ’n regter in hul tuisstad Seattle beslis.
Die egskeiding val byna dag en datum saam met die vyf-en-twintigste herdenking van Amazon se bestaan, ’n mylpaal wat die maatskappy vandeesweek vier.
As deel van MacKenzie se egskeidingspakket ontvang sy $38,3 miljard in Amazon-aandele, oftewel 4% van die maatskappy se totale uitstaande aandele.
Amazon het in April aangedui dat 19,7 miljoen van sy uitstaande aandele in MacKenzie se naam geregistreer gaan word sodra haar egskeiding van Bezos deurgevoer word.
Die paartjie het in Januarie bekend gemaak hulle gaan skei nadat Bezos erken het hy het ’n buite-egtelike verhouding met die televisieaanbieder Lauren Sanchez aangeknoop.
Bezos se egskeiding van die 49-jarige MacKenzie is blykbaar die duurste tot nog toe.
The most expensive divorce in history was finalized this afternoon with these few pages. Jeff and MacKenzie Bezos are divorced after 25 years of marriage. https://t.co/D1ey9ls1ti pic.twitter.com/mJLOvlEjU9
— Matt Day (@mattmday) July 5, 2019
MacKenzie, wat nou tel as een van die rykste vroue op aarde, het egter reeds aangedui sy gaan die helfte van haar rykdom aan liefdadigheid skenk.
Selfs ná die “verlies” van 4% van sy maatskappy se aandele, besit Bezos steeds 12% van Amazon se aandele met ’n geskatte markwaarde van $114 miljard.
Bezos is ook steeds die rykste man ter wêreld met ’n geskatte rykdom van meer as $120 miljard. Bill Gates, Microsoft se stigter, is ’n kortkop agter Bezos met ’n geskatte waarde van nagenoeg $107 miljard.
As deel van die egskeidingsooreenkoms het MacKenzie ingestem dat Bezos stemregte oor haar aandele kan behou.
25 jaar van Amazon
Amazon, die wêreld se grootste aanlyn handelaar, is ’n kwarteeu oud.
Jeff Bezos het die maatskappy in 1994 begin en dit in 1997 genoteer teen sowat $20 per aandeel.
Een aandeel sal jou vandag nagenoeg $2 000 kos, ’n toename van 9 900%.
Amazon het aanvanklik net boeke aanlyn verkoop en eers ná 1997 ander produkte, soos flieks en huisware begin verkwansel.
Amazon is vandag die grootste e-handelaar in die wêreld met totale verkope van meer as $524 miljard in 2018.
Die maatskappy het ook uitgebrei na ander dienste, waaronder internetdienste en stromingsdienste soos Amazon Web Services en Amazon Prime waaruit hy ook ’n aansienlike goeie inkomste verdien. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie